Sentrale Dissiplinêre Komitee: 10/07/2025
Die Sentrale Dissiplinêre Komitee (SDK) het op 1 Julie 2025 bewerings via Microsoft Teams ondersoek dat op 20 April 2025:
Die ge?mpliseerde student hulle antwoordskrif vir die relevante module verander het om bykomende punte te verkry en die antwoordskrif ingehandig het om dit te laat hermerk. Die wangedrag is ?n oortreding van re?ls 9.8, 10.1 en 10.2 van die Dissiplinêre Kode vir Studente van die Universiteit Stellenbosch (“die Kode”).
Die student het die wangedrag erken. Hierdie erkenning is deur bewyse gesteun wat die student gedurende die mondelinge verrigtinge aangebied het. Die SDK het die ge?mpliseerde student skuldig bevind aan die verandering van die antwoordskrif ten einde bykomende punte te behaal. Die student het die betrokke afdelings van die Dissiplinêre Kode vir Studente van die Universiteit Stellenbosch oortree.
Die SDK-paneel het die volgende sanksies opgelê:
- Die student verbeur die punt vir die toets (A1S1) van die relevante module.
- Die student ontvang ?n opgeskorte skorsing van ses (6) maande op voorwaarde dat hulle nie aan soortgelyke wangedrag skuldig bevind word vir die res van hul studies aan die Universiteit Stellenbosch nie.
- Die student moet die dosent skriftelik om verskoning vra binne sewe (7) dae ná ontvangs van hierdie geskrewe redes.
- Die sanksie moet op die Fakulteit se kennisgewingbord gepubliseer word sonder dat die student se naam gepubliseer word.