?Prof. Wesaal Khan is met ingang Januarie 2025 as die nuwe direkteur van die Universiteit Stellenbosch Waterinstituut aangestel (SUWI).
Prof. Khan is 'n gevestigde navorser in die US se Departement Mikrobiologie en lei 'n multidissiplinêre navorsingsprogram wat fokus op die bevordering van volhoubare waterbehandelingstegnologie? en die bekamping van antimikrobiese weerstand (AMR). Haar span se werk strek oor vier onderling gekoppelde domeine: biobeheer strategie? vir eliminasie van patogene, sonkraggedrewe waterontsmettingsinnovasie, AMR patogeendinamika, en molekulêre moniteringsvooruitgang wat meer akkurate kwantitatiewe mikrobiese risikobepalings moontlik maak.
Sy volg in die voetspore van die eerste direkteur, Prof. Gideon Wolfaardt, wat die instituut sedert 2014 bestuur het. SUWI is in 2010 gevestig met die doel om multidissiplinêre navorsing te onderneem in reaksie op Suid-Afrika se waterverwante uitdagings.
Prof. Khan sê SUWI sal voortgaan om sy mandaat na te kom om fundamentele en doelgerigte multidissiplinêre navorsing te onderneem. Laasgenoemde sal plaasvind in samewerking met ander tersiêre instellings, die industrie en die regering, ten einde waterverwante uitdagings die hoof te bied, om tegnologie-oordrag te verskaf, sowel as om menslike kapitaalhulpbronne in die waterindustrie te ontwikkel.
Prof. Bertie Fielding, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê die aanstelling van Prof. Khan is 'n betekenisvolle prestasie vir SUWI: “met haar akademiese statuur in die watersektor, beide in Suid-Afrika en internasionaal, sal sy nie net kontinu?teit in SUWI se vennootskappe verseker nie, maar ook die nasionale en wêreldwye aansien en relevansie daarvan ''n hupstsoot gee."
Oor die jare het SUWI verskeie projekte voltooi wat verband hou met watersuiweringstegnologie? vir veilige watervoorsiening in landelike gebiede in Afrika, die ontwikkeling van 'n vroe? waarskuwingstelsel vir openbare en omgewingsgesondheid, asook die ontwikkeling van 'n afvalwater-gebaseerde instrument waarmee gemeenskapswye middelmisbruik gemonitor kan word.
Voortgesette projekte is gefokus op die bou van waterbestuurskapasiteit in Suider-Afrika, die bevordering van water-, energie-, en voedselsekuriteit, die ontwikkeling van innoverende tegnologie? om grondwaterbesoedeling en kontaminante in die afloop van afvalwatersuiweringsaanlegte wat kommer wek, te monitor.
In hierdie verband werk SUWI se navorsers en personeel saam met nasionale en internasionale vennote soos die Fraunhofer-Gesellschaft in Duitsland, die Gates Stigting, die Europese Unie, Rand Water, en AgriColleges International.