Siboniso Mcobothi se navorsing vir sy meestersgraad in die opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) werp lig op ? kwessie wat dikwels in Suid-Afrika se onderwyskrisis misgekyk word. Nuusberigte skyn meestal die kollig op leerders se stryd, maar Mcobothi het op ? ander wrede werklikheid gefokus: die toenemende bedreiging wat geweld vir onderwysers inhou.
Wat sy akademiese prestasies so merkwaardig maak, is die persoonlike tragedie wat ? skadu oor sy onlangse gradeplegtigheid gegooi het: Voordat hy sy meestersgraad kon voltooi, het sy geliefde ma, Ntombizakhe, wat hy as sy “leidende lig" beskryf, aan kanker beswyk.
Al was sy ma nie hierdie keer daar om te sien hoe hy sy graad ontvang nie, inspireer haar nalatenskap hom steeds. “Sy het geglo in die krag van die onderwys om lewens te verander. Nou leef ek daardie waarheid uit," sê hy.
Mcobothi het sy onderwysgraad aan die Universiteit van Zoeloeland voltooi voordat hy ? beurs van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) vir nagraadse studie aan die US ontvang het. Die US se akademiese uitnemendheid en reputasie het hom aangetrek en hy het sy BEdHons in kurrikulumondersoek voltooi en toe ? grensverskuiwende meestersgraad aangepak.
Die navorsing vir sy tesis, wat getitel is “Onderwysers se ondervindings van geweld deur leerders in drie ho?rskole in die KwaZulu-Natalse Pinetown-distrik", is in die Inanda-, Ntuzuma- en KwaMashu-townships gedoen, waar gemeenskappe deur armoede en misdaad geteister word.
“Hierdie gebiede is misdaadbrandpunte," verduidelik Mcobothi. “Onderwysers bevind hulleself in die kruisvuur en word deur leerders gedreig wat dikwels aan bendes behoort of aan gewelddadige omgewings blootgestel is."
Dis moeilik om die feite te ignoreer. Leerders, waarvan sommige nog op laerskool is, raak by bendes soos die berugte “West Gang" betrokke en neem gevaarlike wapens skool toe, wat die veiligheid van hulle klasmaats én onderwysers bedreig. Volgens Mcobothi se bevindinge kan hierdie gedrag toegeskryf word aan die maatskaplike toestande waarin hierdie leerders grootgemaak word: huishoudings wat deur armoede, werkloosheid en misdaad ontwrig is. ? Blywende herinnering gedurende sy eie onderwyservaring was toe ? jong leerder sy gedrag verduidelik het deur te sê hy werk vir sy oom, 'n dwelmhandelaar, in ruil vir kos.
Ofskoon Mcobothi se tesis kommerwekkend is, spreek dit nie van wanhoop nie. Dit is ? bloudruk vir aksie. Hy het sistemiese mislukkings ge?dentifiseer wat onderwysers kwesbaar maak en stel samewerkende oplossings voor wat die Departement van Onderwys, skoolbestuurspanne, gemeenskapspolisi?ringsforums en organisasies sonder winsbejag betrek. “As belanghebbendes as ? kollektief saamwerk, kan ons geweld in skole én die bre?r gemeenskap bekamp," sê hy.
Terwyl hy met sy komplekse navorsing besig was, moes hy ? ontsaglike persoonlike uitdaging die hoof bied toe sy ma se gesondheid weens kanker vinnig verswak het. As enkelma was Ntombizakhe sy getrouste ondersteuner. “Sy was die belangrikste mens in my lewe; my geesdriftigste ondersteuner," sê hy. “Sy het in akademiese uitnemendheid geglo en het ondanks die uitdagende omstandighede van haar kinderjare met haar voorbeeld gelei deur twee grade te verwerf."
Sy ma se akademiese reis – ? BA-graad in voorsieningskettingbestuur en ? nagraadse diploma in risikobestuur wat sy verwerf het terwyl sy by die Padongelukkefonds gewerk het – weerspie?l die veerkragtigheid wat sy by haar seun ingeskerp het. "Haar grade was haar trots. Nou is my grade ook haar trots," merk hy op.
Haar dood was hartverskeurend. Mcobothi het drie maande verlof geneem om haar gedurende haar laaste dae te versorg. “Dit was baie pynlik om te sien hoe sy dag ná dag agteruitgaan. My siel kan steeds nie tot rus kom nie omdat alles so vinnig gebeur het."
Tóg het hy vertroosting gevind in die reis wat sy ge?nspireer het en ondanks sy hartseer met sy studie volhard. “As jy ? doel in die lewe het, moet jy gefokus bly," sê hy. ? Aanhaling van Nelson Mandela het sy kompas geword: “Dit lyk altyd onmoontlik totdat dit gedoen is."
Mcobothi is baie dankbaar teenoor sy meestersgraadstudieleiers aan die US. “Dr Simthembile Xeketwana en prof Maureen Robinson was baie ondersteunend, geduldig en bemoedigend in my pogings om hierdie mylpaal te bereik."
Mcobothi is tans besig met ? PhD in openbare ontwikkeling en bestuur by die US se Bellvillepark-kampus en doseer tegelyk publieke administrasie en veiligheid in die samelewing by die Boland TVET-kollege op Caledon. Vir sy volgende navorsingsprojek sal hy die invloed van politieke geweld en die vakbondwese in skole ondersoek – nog ? verwaarloosde gebied wat hy genoop voel om bloot te lê.
“Onderwys is die moeder van alle beroepe," sê hy. “My passie daarvoor het my ge?nspireer om tot die ontwikkeling van jong mense in die Boland-streek by te dra."
Mcobothi is ook die tesourier van Huis Russel Botman se huiskomitee en handhaaf só ? balans tussen sy akademiese verantwoordelikhede en studenteleierskap. Die herinnering aan sy ma – haar volharding, haar geloof in onderwys en haar onwrikbare ondersteuning – spoor hom steeds aan.
FOTO: Kudzie Craig