肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ontmoet Beatriz Villaca?as, die US se nuwe Spaanse dosent
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 16/04/2025

Beatriz Villaca?as sou nooit kon dink haar akademiese reis sou haar eendag na die Eikestad lei nie. Maar wanneer sy op die Universiteit Stellenbosch (US) se kampus stap, die dorp per fiets verken, of haar in ? restaurant tuismaak nadat sy Spaans aan ? groep ywerige aandstudente gedoseer het, voel sy dadelik tuis.

“Selfs my ouers het dit opgemerk," glimlag sy. “Ek het vir hulle iets oor my werk vertel en gesê: 'Ons gaan dit doen.' Hulle het gelag en gesê: Jy het nooit 'ons' gesê toe jy in Spanje op universiteit was nie! Maar nou voel ek of ek hier hoort. Ek is deel van die 'ons' by die Universiteit Stellenbosch."

Villaca?as is van Madrid afkomstig en is die eerste Spaanse dosent wat ingevolge ? vennootskap met die Spaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingsamewerking (AECID) aangestel is. Dié agentskap stuur moedertaalsprekers na universiteite regoor die wêreld om Spaans te doseer. Die US is een van slegs ? handjievol Suid-Afrikaanse universiteite wat hierdie geleentheid bied en Villaca?as doen die aanvoorwerk hiervoor.

“Dis vir my ? groot eer om die grondslag te lê van wat uiteindelik ? volledige Spaanse kursus aan die US en samewerking op lang termyn sal word," sê sy. Spaans sal van 2026 af amptelik as ? formele module in die Departement Moderne Vreemde Tale aangebied word, in aansluiting by ander tale soos Frans, Duits en Chinees. Tot dan gee Villaca?as aandklasse, wat reeds belangstelling onder studente én lede van die gemeenskap ontlok. “Die klasse is oop vir almal. As ? student hulle ma of lewensmaat wil saambring, is hulle welkom," verduidelik sy.

Villaca?as se pad na Stellenbosch het via verskeie lande geloop en toeval het ? groot rol gespeel. Nadat sy haar voorgraadse studie, ? meestersgraad in Spaanse filologie en haar onderwysopleiding aan die Complutense-Universiteit van Madrid voltooi het, het die liefde haar na die Kanariese Eilande gelok, waar sy afgetrede vroue in ? kafee in Tenerife begin onderrig het. “Dit was my eerste werk – om in die hoek van ? hotelrestaurant gawe Duitse tannies Spaans te leer terwyl gaste ontbyt ge?et het," vertel sy.

Met haar terugkeer na Madrid het sy Chinese studente vir amptelike eksamens voorberei, en daarna drie jaar lank by haar regering se Spaanse program in Bulgarye gewerk. Dié ervaring het haar liefde vir taalonderrig en kulturele verdieping versterk. “Dit het vir my bevestig dat tale bedoel is om mense met mekaar te verbind en begrip vir mekaar te verbeter, en dit sluit kultuur in," sê sy.

Dié oortuiging vorm die kern van haar onderrigfilosofie. “Taal-apps is ? goeie beginpunt," sê sy, “maar niemand leer vlot praat deur slegs Duolingo of YouTube-video's te gebruik nie. Jy het ? onderwyser nodig – iemand wat jou kan lei en aanpor, jou swakhede kan identifiseer en jou kan help groei. En die belangrikste van alles – iemand wat die kultuur agter die woorde kan verduidelik."

Villaca?as wil graag hierdie kulturele element by die US inburger. Sy het planne vir die uitbreiding van die Spaanse kurrikulum, maar ook vir gereelde kulturele geleenthede wat Spaanssprekende lande deur musiek, literatuur en film sal uitbeeld. Die eerste van hierdie geleenthede word vir 24 April beplan, wanneer die bekende Spaanse skrywer Javier Moro die US vir ? literêre bespreking? besoek.

Villaca?as se passie vir musiek vind soms inslag in haar klasse. “Die Latynse kultuur is nou aan musiek gekoppel en is ? kragtige onderriginstrument," merk sy op. “Ek vra studente om ? genre te kies – rock, pop, metal – en dan vind ek ? Spaanse liedjie in daardie styl. Dit verras hulle dikwels! Hulle verwag nie Spaanse heavy metal nie."

Villaca?as is ook gretig om die tale van haar nuwe tuiste te verken. “Ek sal graag Afrikaans wil probeer," sê sy. “Ek het gehoor ander inheemse tale word ook aan die US onderrig en ek wil dit baie graag probeer bemeester."

Al het sy eers in Januarie op Stellenbosch aangekom, het sy haar reeds in die kampuslewe verdiep en selfs haar eerste intervarsity-rugbywedstryd bygewoon. “Dit was gek, soos ? fliek, met al die rasieleiers en musiek! Die energie was verstommend. Ek weet ek gaan binnekort net so hard skree 'Here we go, Maties, here we go!'"

Sy praat met bewondering oor die gevoel van eenheid wat sy op die kampus waargeneem het. “Selfs by die grootste Spaanse universiteite ervaar mens nie hierdie gevoel van identiteit en behoort nie. Hier dra almal hul Maties-kleure met trots. Daar is ware samewerking tussen mense, ? spangees wat my van die begin af be?ndruk het."

Ondanks al haar geesdrif is daar ook ? tikkie realisme. Die AECID-kontrak is tot drie jaar beperk en Villaca?as verstaan haar rol: “Ek weet ek sal dalk nie hier wees om die volle resultate te sien van wat ons begin nie," sê sy. “Maar ek wil iets sterk bou – ? kursus wat kan groei, ? kursus wat ander kan voortsit. En wie weet? Miskien sal ek oor tien of 15 jaar terugkeer en ? volledige Spaanse departement sien. Dit sal ? droom wees wat waar word."

Tot dan geniet Villaca?as die plaaslike kultuur, verken sy die dorp op twee wiele, en vind sy vreugde in alledaagse oomblikke. “Ek het vinnig by die lewe op Stellenbosch aangepas. Ek gaan slaap vroeg en hoef nie my wekker te stel nie; ek word wakker wanneer die son opkom." Selfs die versengende somersdae vroeg in die jaar het haar nie gepla nie. “Die hitte in Madrid is veel erger!" lag sy.

·  Villaca?as nooi die US-gemeenskap na die bespreking met die skrywer Javier Moro om 17:30 op 24 April by die Neelsie-bioskoop. Jy kan onder aan hierdie webblad registreer vir 'n gratis kaartjie: https://sites.google.com/view/suliteratureeventjmoro/home

FOTO: Stefan Els