肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Heengaan van bekende herpetoloog “laat ‘n groot leemte”
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 24/04/2025

?Die Sentrum vir Indringerbiologie (CIB) en die Departement Plant- en Dierkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) het met skok verneem van die afsterwe van dr John Measey (57 jaar) op 19 April 2025 ná 'n bergfietsongeluk in China.

Dr Measey was ten tyde van sy dood 'n buitengewone professor in die Departement Plant- en Dierkunde en 'n lid van die Sentrum vir Indringerbiologie (C·I·B) se kernspan.

Volgens Prof Dave Richardson, voormalige direkteur van die C·I·B en een van Measey se kollegas, het gesê Dr Measey was tussen 2014 en 2022 'n permanente werknemer van die US, waartydens hy 'n hoogs gewaardeerde lid van die Sentrum vir Indringerbiologie se kernspan was en as studieleier vir 41 nagraadse studente opgetree het.

“Dr Measey is wêreldwyd gerespekteer as herpetoloog wat betekenisvolle bydraes gelewer het tot die kennis van die ekologie en bewaringstatus van amfibie? en reptiele, veral in Suid-Afrika, maar ook in baie ander dele van die wêreld. Hy is internasionaal beskou as dié kenner van die Afrika-kloupadda of platanna (Xenopus laevis), 'n inheemse Afrika-amfibie wat in verskeie wêrelddele ? indringer is," het hy bygevoeg.

Dr Measey het ook enorme bydraes gelewer tot indringer-ekologie (die studie van ingevoerde en indringerspesies) in die algemeen, en was mederedakteur van die ensiklopediese boek Biological invasions in South Africa wat in 2020 gepubliseer is. Sedert 2022 het Measey sy tyd tussen China – waar hy 'n deeltydse aanstelling by die Yunnan-universiteit in die stad Kunming gehad het – en die US verdeel. Hy was egter deurentyd 'n aktiewe en baie gewaardeerde lid van die C·I·B-span.

Op internasionale vlak was Dr Measey ook aangestel as professor by Yunnan Universiteit in China, en was 'n erelid Museum National D'Histoire Naturelle in Parys, Frankryk.

Op Facebook het die indringerspesies-gemeenskap van Suid-Afrika hulle diep medelye uitgespreek en Dr Measey beskryf as 'n “internasionale rock ster" in die wêreld van herpetologie. Hy sal onthou word as iemand wat altyd gereed gestaan het om advies en leiding te gee, vrae te vra en vir sy studente te veg.

Volgens Prof. Richardson was dr Measey “'n uitstekende navorser, dosent, studieleier en mentor. Hy het 'n sleutelrol in die vakgebied van indringingsekologie in Suid-Afrika gespeel en laat vir seker ? groot leemte."?