Stellenbosch se Botaniese Tuin spog met unieke bewaringstrategie
Outeur: Wiida Fourie-Basson and Jeraldene Menon
Gepubliseer: 25/04/2025
?
Met herfs wat aangebreek het, sal die Haemanthus pumilio, 'n uiters bedreigde spesie en een van die "verfkwaslelies", eersdaags in die Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuin (USBT) blom.
Dit is een van verskeie kwesbare plantspesies wat in stand gehou word by die USBT, met 'n wêreldwye opname van lewende plantversamelings wat getoon het dat dié tuin een van slegs twee botaniese tuine is wat oor die afgelope paar jaar hulle wilde en bewaringsgraad-plantversamelings aktief vermeerder het.
Noukeurig gedokumenteerde, ex-situ versamelings in bekende natuurlike omgewings is van kardinale belang vir bewaring, die herstel van spesies en ekostelsels, asook vir bykans alle wetenskaplike navorsing. Die instandhouding van sulke versamelings oor die verloop van tyd verg intensiewe werk, institusionele hulpbronne en ruimte. Daar bestaan reuse-uitdagings om hierdie versamelings in stand te hou. Selfs die beste instellings verloor plante en versamelings oor tyd. Daarom moet navorsers en kurators die onvermydelike verlies van versamelings teenwerk deur nuwe versamelings by te voeg saam met ander instellings gedeelde versamelings vestig.
Die opname, wat onlangs in Nature Ecology and Evolution verskyn het, het 'n eeu se data ontleed wat uit 2,2 miljoen rekords van 50 instellings bestaan en wat meer as 500 000 afsonderlike toetredings verteenwoordig – dit wil sê, afsonderlike subversamelings van 'n spesie op 'n spesifieke plek of tyd. Na raming het die opname meer as 40 persent van wêreldwye diversiteit wat in institusionele lewende versamelings gehou word, verteenwoordig. Dit word ook ex-situ-versamelings genoem om aan te dui dat dit bedreigde spesies en nie wilde plante is nie. Altesaam 50 botaniese tuine van 19 lande op vyf vastelandehet aan die opname deelgeneem: Afrika (een versameling), Australasi? (ses versamelings), Eurasi? (27 versamelings), Noord-Amerika (13 versamelings) en Suid-Amerika (drie versamelings).
Die bevindings van die opname is ontstellend. Op 'n globale skaal lyk dit of die meta-versameling het in beide die getal toetredings en botaniese diversiteit drakrag bereik. Terwyl nuwer versamelings gevestig veral in die Globale Suide gevestig word, het versamelings in die Globale Noorde meestal 'n plato bereik of in grootte gekrimp. Gesamentlik dui die oorkoepelende tendense daarop dat daar kapasiteitsbeperkings is, wat 'n kritieke behoefte aan strategiese prioritisering beklemtoon.
Wêreldwye neiging
Dr Donovan Kirkwood, kurator van die USBT en 'n medeskrywer van die artikel, sê daar moet wêreldwyd minstens 750 000 bedreigde plante deur ex-situ-bewaring ondersteun word. Daarteenoor is Suid-Afrika se ex-situ-bewaringsteiken gelykstaande aan meer as 3 000 plantspesies. "Ons vermoed daar is minder as 500 bedreigde spesies oor alle instellings heen onder bewaring. Daar is selfs swakker verteenwoordiging vir spesies wat dringende ondersteuning benodig, terwyl ons weet institusionele kapasiteit is reeds onder druk."
Donovan Kirkwoord, Kurator van die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin.
?Hy sê een van die opname se belangrikste boodskappe is dat kapasiteitsbeperkings 'n werklikheid is: "Ons moet so strategies as moontlik wees wanneer ons versamelings saamstel wat aan bewarings-, navorsings- en onderwysdoelwitte voldoen," waarsku hy.
“Hier in die Wes-Kaap word biologiese diversiteit gekenmerk deur baie spesies wat slegs in baie gelokaliseerde gebiede voorkom. Baie van ons plante het 'n wêreldwye reikwydtes van slegs tientalle kilometers of minder. Selfs 'n relatief klein habitatverlies weens boerdery, stedelike uitbreiding of indringerplante kan 'n groot vermindering of verlies van algehele spesiebevolkings tot gevolg hê. Soveel as 158 plantspesies en drie subspesies kan op ons drumpel in die Kaapse Skiereiland in spesiale habitatte tussen Kaappunt en Groenpunt gevind word," sê hy.
Die groot biodiversiteit en gelokaliseerde verspreidings, met moderne habitatverlies en ander groot uitwissingsdryfvere maak die Kaap een van die wêreld se ernstigste brandpunte van plantbedreiging en -uitsterwing. Altesame 40 persent van die 10 744 plante wat net die Wes-Kaap voorkom verskyn in een van die Rooilys-kategorie?, wat kommerwekkend is. Rooilysstatus word deels bepaal deur 'n onlangse vermindering in die bevolking en selfs spesies wat as “kwesbaar" of “natuurlik uiters skaars" op die lys verskyn. Hierdie versamelings kan uit slegs 'n paar honderd plante in totaal bestaan. Enige verdere verlies kan dus selfs vir minder bedreigde spesies katastrofies wees.
"Daar is 'n reusebehoefte aan kapasiteit om ex-situ-bewaring en spesieherstelwerk te doen. Die globale teikens maak vir lewende versamelings van 60 persent van bedreigde spesies voorsiening. Selfs 'n baie meer gefokusde teiken is 'n uitdaging. Wanneer monsters in natuurlike omgewings vir bewaring van uiters bedreigde spesies geneem word, sal sade of steggies van byna elke oorblywende plant moontlik as monsters in afgele? of lewensvatbare gebiede bewaar en gepropageer moet word. Om spesiebevolkings in stand te hou sodat dit later weer in hulle natuurlike omgewing teruggeplant kan word, beteken dat die bronnediversiteit gehandhaaf moet word en, ideaal-gesproke, elke spesie se bewaringsbevolking uit minstens honderde tot duisende plante moet bestaan," waarsku hy.
Een van die belangrikste uitdagings vir botaniese tuine wêreldwyd is die beperking wat deur die Konvensie oor Globale Biodiversiteit (Convention on Global Biodiversity, of te wel (KBD) opgelê word. Hierdie konvensie reguleer monsters van natuurlike oorsprong en die internasionale uitruiling van plantmateriaal. Die globale opname het vir die eerste keer empiriese bewyse van 'n drastiese afname in beide aktiwiteite gelewer nadat die KBD in 1993 in werking getree het. Daar was 'n afname van 44% in versamelings van natuurlike oorsprong en 38% in versamelings van internasionale uitruilings.
Dit beklemtoon die reusebehoefte aan verhoogde samewerking en wettige materiaaldeling in die wêreldwye netwerk van botaniese tuine, wat as bewaarders van biodiversiteit optree. So 'n benadering sal die toekomstige streeksamestelling van botaniese versamelings en partisie-diversiteit oor die wêreldwye netwerk fundamenteel hervorm.
Vir Kirkwood maak hierdie benadering baie sin: "Lewende versamelings in die Globale Suide is naby biodiversiteit-brandpunte, en ons kan voortgaan om strategiese versamelings te bewaar sonder om die SSK en die Nagoya-protokol te oortree."
USBT as 'n bewaarder van biodiversiteit
Sedert Kirkwood as kurator by die USBT aangestel is, het die tuin aansienlik tot die bewaring van veelvuldige uiters bedreigde Kaapse spesies bygedra deur die voortplanting en kweek van lewende versamelings en saadbanke. Van die sterre in die versameling sluit in Haemanthus pumilio, Ixia versicolor, Oxalis fragilis, Pelargonium fergusoniae, Marasmodes undulata, Polhilia groenewaldii, Gibbaeum esterhuyseniae, Gladiolus recurvus, en Ixia leipoldtii.
In die geval van Marasmodes undulata was die spesie teen 2020 heeltemal uitgewis in die natuur en USBT kon dit regkry om vier van die enigste vyf lewende plante uit banksaad te kweek. Sedertdien het die USBT byna 'n honderd individuele plante van hierdie spesie uit saad en steggies gekweek. In samewerking met die nasionale program vir bedreigde spesies van SANBI, insluitende die Bewaarders van Skaars en Bedreigde Veldblomme (Custodians of Rare and Endangered Wildflowers of te wel CREW), het die lang proses begin om plante weer in hulle habitat terug te besorg.
Die USBT toets ook strategie? om die kapasiteitsplato-probleem wat botaniese tuine wêreldwyd ondervind, te oorkom. "Aangesien ons vermo? om ons natuurlike en bedreigde versamelings te laat groei, die gevolg daarvan is om van 'n lae basis te begin, is ons doelwit om deurlopend 'n positiewe uitskieter te wees. Een nuwe benadering is om satellietbewaringsversamelings buite formele botaniese tuine in nie-tradisionele ruimtes te huisves. Een so 'n projek is onlangs by 'n korporatiewe hoofkantoor begin waaruitinnoverende biofiele aanplantings en 'n permanente bewaringsvennootskap spruit. Alle permanente bewaringsmateriaalaanplantings word as deel van die USBT se versameling en versameling-databasis bestuur," sê Kirkwood.
Kirkwood het sedert 2018 ander projekte ondersteun om ekstra ruimte en kapasiteit te vind om bedreigde spesies te bewaar, insluitende die uitleen van institusionele en databasisondersteuning aan private vennote soos die Avondale Ope Tuin in Durbanville wat waardevolle habitat- en spesieherwinning onderneem.
Die USBT se strategie fokus daarop om 'n samewerkende benadering tussen botaniese tuine, privaatsektorbewaring en die wetenskaplike gemeenskap te ontwikkel om innoverende oplossings vir kapasiteitsbeperkings te vind, aan te pas en te oorkom.
Hoewel dit mag lyk na 'n druppel in die emmer in die konteks van klimaatsverandering en die biodiversiteitskrisis, is Kirkwood oortuig dat die USBT se "druppel" geweldig baie saak maak.
Onderskrif: Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin (USBT) is die tuiste van die wêreld se grootste lewende versameling van die Cape Oxalis-spesie, wat prof Leanne Dreyer, medewerker en taksondeskundige, oor die jare opgebou het. Hier besigtig sy die versameling saam met assistent-kurator Annerie Senekal. ?