肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons moet ho?r onderwys in die era van KI herverbeel – Prof Sibusiso Moyo
Outeur: Sibusiso Moyo
Gepubliseer: 05/05/2025

?Kunsmatige intelligensie (KI) is besig om die manier waarop ons leer, onderrig en met kennis omgaan vinnig te verander, maar dit laat ook kritieke vrae ontstaan oor etiek, toegang en langtermyn-impak. Tersiêre instellings moet dus die potensiaal van KI in leer en navorsing benut. Só skryf prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, in ? meningsartikel vir die Cape Argus.

  • Lees die vertaalde weergawe van die artikel hieronder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Sibusiso Moyo*

Die opkoms van Kunsmatige Intelligensie (KI)-tegnologie?, veral platforms soos ChatGPT, het die wêreld se verbeelding aangegryp en nie net opwinding nie, maar ook besorgdheid meegebring. KI is nou stewig in ons daaglikse lewens ingebed, en be?nvloed hoe ons kommunikeer, kennis verkry en selfs opvoed.

Ho?ronderwysinstellings wêreldwyd worstel steeds met die volledige aanvaarding en integrasie van KI in hulle kurrikula asook in praktyk. Volgens 'n onlangse uitvoerende inligtingsessie deur die Digitale Onderwysraad oor “KI-geletterdheid vir almal", is universiteite nog oor akademiese integriteit, praktiese implikasies vir kurrikula, leer, onderrig en navorsing, sowel as tegniese kompleksiteite besorg. Dit het implikasies vir die opskaling van KI binne instellings self. Hierdie kompleksiteite wek kritiese vrae oor die rol van onderwys, en in besonder, ho?ronderwysinstellings in die samelewing, die vaardighede wat ons prioritiseer, en die etiese raamwerke wat ons aanneem terwyl ons studente vir 'n toekoms voorberei wat toenemend deur intelligente masjiene en gevorderde tegnologie? gevorm word.

Terwyl ons hierdie toekoms visualiseer, moet on nie net na te dink oor die vindingrykheid wat tegnologiese vooruitgang dryf nie, maar ook oor die verantwoordelikheid wat ons as opvoeders en navorsers het om te verseker dat innovasie in lyn bly met integriteit, etiek en billikheid. Tersiêre instellings moet dus die potensiaal van KI in leer en navorsing benut.

Wanneer dit weldeurdag toegepas word, kan KI onderrig, leer en navorsingsuitkomste verbeter. Dit help akademici om gapings in onderrigmateriaal te identifiseer, administratiewe take soos bepunting te vereenvoudig, en selfs inhoud saam te stel wat beter by leerders se individuele behoeftes pas. Vir studente kan KI as 'n persoonlike leermetgesel dien wat komplekse idees vereenvoudig, alternatiewe verduidelikings bied, en 'n dieper betrokkenheid by inhoud teen jou eie pas moontlik maak.

KI-instrumente kan ook ge?nkorporeer word om gehalteversekering in navorsing deur platforms soos Turnitin te ondersteun en om akademiese administrasie te vereenvoudig deur geoutomatiseerde nasienmatrikse te gebruik. Hierdie toepassings help om waardevolle tyd te bespaar, wat opvoeders die geleentheid gee om op kritiese betrokkenheid en mentorskapfunksies te fokus wat steeds aan die hart van akademiese groei staan.

Uitdagings

Naas geleenthede bied KI ook potensi?le bedreigings waaroor ons steeds besin, byvoorbeeld die moontlike erodering van onafhanklike denke. Met generatiewe KI wat in staat is om volledige werkstukke te produseer, is daar 'n risiko dat studente byvoorbeeld op sulke hulpmiddels kan staatmaak op maniere wat diep leer ondermyn. Die ontwerp van assesserings moet dus ontwikkel om kritiese redenering, samewerking en praktiese toepassingsvaardighede wat masjiene nie kan naboots nie, te prioritiseer. Studente é personeel moet aangemoedig word om KI doeltreffend en eties te aanvaar en te gebruik. Daar is groter inspanning nodig om te dink oor hoe ons onderrig, leer en watter vaardighede ons wil versterk in ons onderskeie kurrikula.

Daar is ook wyer kommer oor algoritmiese vooroordeel, dataprivaatheid, en die ondeursigtige besluitneming agter baie KI-instrumente. Ons moet vra: Wie se kennisstelsels word geprioritiseer? Watter kulturele aannames is in hierdie instrumente ingebed? Ons moet as universiteite proaktief in die ontwikkeling van raamwerke wees wat deursigtigheid en verantwoordbaarheid verseker in hoe KI gebruik en onderrig word. Dit is dieselfde argument wat motivering verskaf vir die opskaling van KI-gebruik en -aanvaarding sodat ons studente en navorsers ook tot die skep van KI-instrumente bydra en innoveer en tot nuwe algoritmes bydra.

Berei studente voor

Ho?ronderwysinstellings het 'n plig om gegradueerdes met meer as vakrigtingkennis toe te rus. Ons moet hulle vir 'n vinnig veranderende werkwêreld voorberei, waar aanpasbaarheid, innovasie en etiese onderskeidingsvermo? die sleutel is. Ons moet ook belê in inisiatiewe wat KI-geletterdheid bevorder, insluitende 'n gratis kortkursus vir ons personeel oor die integrasie van KI in onderrig, leer en assessering. Hierdie pogings behoort deel te wees van 'n bre?r verbintenis tot akademiese uitnemendheid, relevansie en innovasie.

Maar waarskynlik van die grootste belang: ons moet die ontwikkeling van vaardighede wat uniek menslik is — kreatiwiteit, empatie en samewerking — beklemtoon. Hierdie eienskappe kan nie geoutomatiseer word nie en is noodsaaklik vir die navigering van die sosiale en etiese dimensies van tegnologie. As deel van die blootstelling van ons personeel én studente aan globale netwerke en normstelling, het die Universiteit Stellenbosch onlangs by die Digitale Onderwysraad aangesluit wat dit deel maak van 'n globale gemeenskap van leiers in onderwysinnovasie en in staat stel om beste praktyke onder netwerkgenote te deel.

Pad vorentoe

Die toekoms van KI is nie 'n veraf konsep nie, dit is reeds hier. As ho?ronderwysinstellings moet ons die belangrikheid daarvan erkem om nie net met KI as 'n instrument om te gaan nie, maar ook om die impak daarvan te ondersoek, die ontwikkeling daarvan te vorm en die integrasie daarvan in ons akademiese missie te rig.

Ons uitdaging én geleentheid is om te verseker dat KI as 'n bemagtiger van vooruitgang dien, nie 'n plaasvervanger vir menslike insig nie. Ons moet doelbewus innoveer om te verseker dat die voordele van tegnologie wyd gedeel word en dat ons gegradueerdes nie net tegnies vaardig nie, maar ook sosiaal bewus en wêreldwyd mededingend is. In beginsel behoort elke vakgebied KI-spesialiste te hê. Ons het onlangs tendense gesien van goed toegeruste instellings wat vir KI-personeel op verskillende vakgebiede adverteer!

Soos KI vinnig aanhou ontwikkel, kom ons herbevestig op ons verbintenis om aan 'n toekoms gestalte te gee waar kennis, etiek en innovasie hand aan hand gaan.

  • ?Foto deur Stefan Els (Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking)

*Prof Sibusiso Moyo is Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die Universiteit Stellenbosch.?