肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bekendstelling van die LaunchLab CERIBIO - Biotegnologie se nuwe platform in Stellenbosch
Outeur: Stellenbosch 肆客足球
Gepubliseer: 20/05/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) het die opening van die LaunchLab se Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (SERI) se biotegnologie-laboratorium vir biotegnologie-afwentelmaatskappye (CERIBIO) bekend gemaak. Hierdie fasiliteit, wat op 22 Mei 2025 sy deure oopmaak, is 'n uitbreiding van die US LaunchLab se dienste aan entrepreneurs. Die inisiatief poog om groei in die plaaslike biotegnologie-sektor te versnel en die gaping tussen navorsing en werklike impak te oorbrug. Die laboratorium is spesifiek ontwerp om entrepreneurs van die nodige toerusting en inkubasieondersteuning te voorsien om hul biotegnologie-navorsing te kommersialiseer. 

Anita Nel, die US se Hoofdirekteur Innovasie en Kommersialisering (I&K) sê biotegnologie het die potensiaal om van Afrika se dringendste uitdagings op te los: aspekte wat wissel van gesondheid, voedselsekerheid en die ontwikkeling van volhoubare alternatiewe tot fossielbrandstowwe. “Onder die US se huidige 35 spinout-maatskappye is tien in die biotegnologiesektor. Innovus se Tegnologie-oordragkantoor en die US LaunchLab het vyf biotegnologie-afwentelmaatskappye suksesvol ge?nkubeer, hulle is: Fluorobiotech, Biocode, Phagoflux, Urobo Biotech en Immobazyme.”  

“Met die inkubasie van hierdie maatskappye is twee kritieke hindernisse ge?dentifiseer: die ho? koste van materiale en laboratorium-infrastruktuur. Anders as tradisionele akademiese of regeringsbiotegnologiefasiliteite, poog die LaunchLab CERIBIO om hierdie uitdagings die hoof te bied deur entrepreneurs te voorsien van bekostigbare, moderne laboratoriumruimte, toerusting en gespesialiseerde besigheidsondersteuning om hul biotegnologie-ondernemings te help groei. Die fasiliteit is 'n strategiese belegging om Afrika se biotegnologie-ekosisteem 'n hupstoot te gee en meer beleggings na dieptegnologie-ondernemings te lok,” sê Nel. 

"Ons het 'n ongelooflike grondslag gelê vir navorsing aan die US en in Suid-Afrika. Ons kort biotegnologiese laboratorium-inkubators wat ons wêreldklas-wetenskap in produkte kan omskep," sê prof. Tulio de Oliveira, Direkteur van SERI. Tydens die pandemie het ons die wêreld gelei in die ontdekking van variante en kliniese proewe, maar ons was agter in die ry om toegang tot diagnostiek, terapeutika en entstowwe te kry. Dit is een van die redes waarom ons in LaunchLab CERIBIO belê, om Suid-Afrika te posisioneer as 'n wêreldleier in die vervaardiging van biotegnologieprodukte wat lewens red en voortbestaan van mense ??bevorder". 

Volgens Nel het die kommersialisering van diep tegnologie? deur afwentelmaatskappye 'n ho? impakpotensiaal, spesifiek in Afrika, omdat die vasteland minder hulpbronne as die res van die wêreld het. “Ten spyte van Suid-Afrika se florerende afwentel-ekosisteem, verkies beleggers om in sagteware, fintegnologie en verbruikersgedrewe sektore te belê, wat baie vinnig opgang in die mark maak. Dit is dus deurslaggewend dat universiteite aktief aan ekosisteemgesprekke deelneem om te pleit vir beter infrastruktuur en groter beleggingsvloei in wetenskapgebaseerde ondernemings met ho? kommersi?le en globale impakpotensiaal.” 

Nel het die oorspronklike LaunchLab in 2015 gestig en het die LaunchLab CERIBIO-projek gelei met 'n strategiese visie om 'n ruimte te skep wat sake-inkubasie en kommersi?le samewerking ondersteun. Hierdie model het reeds sy dividende gelewer in suksesverhale soos die US se afwentelmaatskappy CubeSpace, 'n maatskappy wat kontrolestelsels vir satelliete vervaardig en een wat op pad is om Afrika se eerste universiteits-eenhoorn (unicorn) te word. 

"Ons glo die LaunchLab CERIBIO en die LaunchLab-besigheidsinkubator is die begin van meer samewerking wat ons ekosisteem sal bevoordeel. Die US LaunchLab sal voortgaan om verskeie ekosisteemgeleenthede en -programme in samewerking met die Stellenbosch Netwerk en Innovus se tegnologie-oordragkantoor aan te bied. Hierdie aktiwiteite moedig altyd plaaslike beleggersondersteuning aan. Die LaunchLab CERIBIO lok altyd plaaslike beleggersondersteuning en voeg waarde by vir beleggers en belanghebbendes wat graag wil saamwerk,” sê Nel. 

As 'n prominente projekvennoot het die US se biotegnologie-afwentelmaatskappy Fluorobiotech die fasiliteit se opknappings, ontwerp en implementering aangevoer. Die span sal ook LaunchLab CERIBIO bestuur onder 'n ooreengekome diensvlakooreenkoms met die US I&K. Hulle sal die laboratoriumruimte met hul afwentel-eweknie?, Biocode en Phagoflux, deel. 

"Biotegnologie ervaar 'n oplewing in Suid-Afrika, en LaunchLab CERIBIO is uniek geposisioneer om hierdie momentum te versnel wat biotegnologie-afwentel ondernemings bemagtig om innoverende konsepte in impakvolle, industrie-veranderende realiteite kan omskep," het die Fluorobiotech-span gesê. 

Die gedeelde ruimte is 'n beduidende stap vorentoe vir Suid-Afrika se biotegnologie- en dieptegnologiebedrywe, wat meer biotegnologiemaatskappye in staat stel om op 'n globale verhoog mee te ding.   

Ten spyte van die deurslaggewende impak van die fasiliteit, erken die US se I&K afdeling dat hy kapasiteitsbeperkings het en, met sy vooruitdenkende benadering, poog om genoeg fondse in te samel om 'n groter fasiliteit te vestig wat selfs meer Afrika-biotegnologiemaatskappye kan akkommodeer. Nel sê die Universiteit ondersoek die moontlikheid om die LaunchLab en die LaunchLab CERIBIO te dupliseer, en wel op 'n veel groter skaal in ‘n projek genaamd The Bridge - 'n nuwe slimstad-ontwikkeling naby Stellenbosch. Hulle is op soek na vennote om met hulle saam te werk. 

In 'n laaste opmerking, verklaar prof. De Oliviera, "Dit is net die begin; ons is reeds besig met groot befondsers en beleggers soos die Mastercard-stigting te gesels om ons te help om die ekosisteem uit te brei."