Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat ter viering van Werkersdag in Mei verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op ons personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons jou bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.
As eenheidsbestuurder van die Eenheid vir Leierskap, Diversiteit en Inklusiwiteit in die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL), koshuishoof by die eNkanyini-koshuis op die Tygerberg-kampus en voorsitter van Afdeling Studentesake se Transformasieforum, is Yeki Mosomothane in die ideale posisie om die US se transformasie-agenda te bevorder. Sy werk fokus op holistiese studenteleierskap en -leer, met die klem op ontwikkeling buite die klaskamer.
Wat behels jou rol?
My rol behels om 'n span te lei wat waardevolle leierskapsgeleenthede vir US-studente skep. Ons ondersteun huidige en voornemende studenteleiers, rus hulle met vaardighede, kennis en mentorskap toe om 'n impak gedurende hulle termyn en daarna te maak. Ons mik om inklusiewe leierskapservarings saam te skep wat uiteenlopende studente bemagtig om krities te dink, eties op te tree en om sosiale geregtigheid en transformerende verandering in hulle gemeenskappe en samelewing aan te dryf.
Hoe lyk 'n tipiese werksdag?
'n Tipiese dag is dinamies en uiteenlopend, waar kantoorgebaseerde take met samewerking en studentebetrokkenheid gemeng word. Ek beplan en ko?rdineer programme, ondersteun kollegas en berei vir belangrike geleenthede soos die Leierskapberaad vir Voornemende Leiers (LBVL), die Konferensie vir Nuutverkose Leiers en die Ubulumko-huiskomitee se portefeulje-opleidings voor.
Samewerking is sentraal. Ek werk met eenhede soos die studentebestuur, privaat- en koshuisgemeenskappe en ervaringsleer om samehangende leierskapontwikkeling te verskaf. Ons prioritiseer studente se insette wat verseker dat hulle stemme hierdie aanbiedings vorm. Ek verskaf ook aangaande ondersteuning aan studenteleiers, bied leiding oor leierskap, diversiteit en inklusiwiteit aan en loer by hulle in om saam te dink en aanmoediging te verskaf.
As voorsitter van die Afdeling Studentesake se Transformasieforum, verseker ons saam met kollegas regoor Studentesake dat ons transformasie as die kern van ons werk hou. Ons prestigegeleentheid, die DSAf Transformasieberaad, het oor vyf jaar kritiese nadenke en aksie ontlok, wat transformatiewe ervarings vir personeel én studente geskep het.
Hoe het jou opvoeding of vorige ervaring jou vir hierdie rol voorberei?
As 'n boorling van Kayamandi het ek by die Khanyisa Leerprojek baat gevind wat destyds deur die Matie Gemeenskapsdiens (MGD) bestuur is. Dit is waar my voorliefde vir lewenslange leer, die jeug en gemeenskapsontwikkeling ontstaan het. My akademiese en professionele reis is rondom holistiese leer, leierskap en studente-ontwikkeling buite die klaskamer gesentreer.
Ek was die medestigter van 'n konsultasiemaatskappy wat op veranderingsleierskap, konflikbemiddeling en transformasie-inisiatiewe by universiteite soos Stellenbosch, Kaapstad, Pretoria en die Vrystaat fokus. Ek het van 2007 tot 2011 by die Stellenbosse Munisipaliteit gewerk, eers as 'n gemeenskapsverteenwoordiger op die ouditkomitee, toe as die bestuurder van belanghebberverhoudinge en gemeenskapsontwikkeling, waar ek inisiatiewe soos die Burgemeester-Rektorsforum geko?rdineer het.
Ek het in 2011 by die Universiteit van die Vrystaat as senior beampte vir studente-oorsigbestuur aangesluit, waar ek toesig gehou het oor leierskapsontwikkeling en studente-ervarings regoor die Bloemfontein- en die Qwaqwa-kampus. Hierdie ondervindings het my vaardighede om inklusiewe leierskap en transformatiewe ervarings met personeel en studente te kweek, geslyp.
Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by US?
Die geleentheid om studente by moedige gesprekke en ervaringsleer, wat groei en sosiale bewustheid aanwakker, te betrek, is vir my kosbaar. Dit is lonend om studente te ondersteun wat passievol is daaroor om verandering aan te dryf, selfs in die moeilike, ongemaklike oomblikke in hulle invloedsfere. Ons personeel en studente leer om met die ongemak gemaklik te wees. Dit bied aan ons die geleentheid om te besin oor waar ons onsself bevind en wat ons nie net vir institusionele transformasie nie, maar ook vir ons eie transformasiereis moet doen. Hulle streef na vooruitgang, transformasie en sosiale geregtigheid en ek is bevoorreg om dit te ko?rdineer en saam met hulle die reis na 'n toekoms wat hulle visualiseer, te onderneem.
My familie se klem op onderwys en dienende leierskap het my gevorm en die US bied 'n unieke transformasieruimte vir beide personeel en studente. Ek word deur ons gedeelde doelwit ge?nspireer – die gedeelde doelwit om 'n universiteit te bou wat die aspirasies van ons Visie 2040 reflekteer en wat in die transformasie ervaringe, wat ons vir almal wil skep, geanker is.
Een van die inisiatiewe waaraan ek groot waarde heg, is ons gespreksreeks waar ons studente, personeel en inwoners van omliggende gemeenskappe soos Cloetesville, Kayamandi, Jamestown, Pniel, Raithby, Idasvallei en ander bymekaarbring. Hierdie gesprekke bring 'n dieper begrip van die volle Stellenbosch-ervaring buite die klaskamer of kampus-kuierplekke en verbind hulle aan die stories en realiteite van die wyer dorp.
Vertel ons iets opwindends van jouself wat min mense sou verwag.
Min weet ek glo ek kan sing – al stem my vrou nie saam nie! Ek het 'n groot liefde vir musiek regoor die genres heen en is 'n passievolle Liverpool-ondersteuner. Danksy my kollegas by die SSLL, het ek onlangs 'n liefde vir teater ontwikkel. Ek beskou dit as 'n kragtige medium vir refleksie en sosiale kommentaar.
FOTO: Stefan Els