肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Siphumeze Tshongweni: Jong sangoma bied aan ander ? stem
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 05/06/2025

?JEUGMAAND

Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hulle gemeenskappe en verder bevorder. Deur hulle leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Op die tenger ouderdom van 20 is Siphumeze Tshongweni reeds ten diepste by die studentelewe aan die US betrokke. Dié BEd Grondslagfase-student in haar derde jaar het boeliegedrag gedurende haar kinderjare oorkom en pak nou veelvuldige leierskapsrolle en voorspraakverpligtinge aan met ? kalm doelgerigtheid en ? duidelike visie: om ander te bemagtig deur hulle te help besef hoe sterk hulle eie stemme is.

“Ek identifiseer met trots as ? sangoma, ? rol wat my diep met my kulturele erfenis en gemeenskap verbind," verduidelik Tshongweni, wat in Centane in die Oos-Kaap gebore is en in Delft en Langa grootgeword het. Sy is trots op haar spirituele gawe en uniekheid. “As ? sangoma dra ek dikwels tradisionele krale en klere wat my spirituele identiteit weerspie?l. Hoewel dit aandag kan trek, het ek geleer om dit as ? geleentheid te benut om die positiewe aspekte van ubungoma (spirituele heling) ten toon te stel."

As die oudste van drie sibbe het Tshongweni die verantwoordelikheid aanvaar om ? rolmodel te wees. “Leierskap gaan nie daaroor om volgelinge te lok nie, maar om mense op te lei en te transformeer totdat hulle self leiers word," benadruk sy. “Deur die omarming van my gawe en kulturele wortels wil ek ander inspireer om dieselfde te doen, en ? gevoel van selfaanvaarding en kulturele trots bevorder. Ek streef daarna om ander op te voed oor die belangrikheid van hulle eie erfenis en die waarde van diversiteit."

Daardie geloof in samewerkende leierskap wat in die gemeenskap veranker is, het Tshongweni se reis gerig sedert sy in Stellenbosch aangekom het. Sy het as ? eerstejaar-klasverteenwoordiger begin, het deur die Onderwysstudentekomitee by studentebestuur betrokke geraak en speel nou ? aktiewe rol in inisiatiewe op kampus wat sosiale geregtigheid, insluiting en bemagtiging bevorder.

Hulp aan ander om hulle voete te vind

By die US se Sentrum vir Sosiale Geregtigheid is Tshongweni ? Sosiale Geregtigheidsambassadeur wat help om Maatskaplike Geregtigheidskafees te organiseer en te lei – besprekingsruimtes waar studente moeilike en betekenisvolle onderwerpe verken. Daarbenewens is sy ? opgeleide Gelykheidsagent wat nou saam met die Eenheid vir Gelykwaardigheid werk om studenteregte te bevorder en ? veilige, respekvolle kampusomgewing te verseker.

Tshongweni is ook ? mentor by Khayalethu, die US se nuutste koshuis. Daar begelei en ondersteun sy eerstejaarstudente in hulle oorgang na die universiteitslewe. “Ek help hulle om hulle voete te vind, akademiese en sosiale uitdagings te trotseer en ? sterk gevoel van behoort te ontwikkel," verduidelik sy.

Die dryfkrag om te lei en voorspraak te maak spruit uit ? persoonlike geskiedenis van stryd. Tshongweni onthou ? tyd toe sy min selfvertroue gehad het. “Ek is gedurende my vroe? jare geboelie en het met ? gebrek aan selfvertroue gesukkel. Destyds het ek dit moeilik gevind om vir myself op te kom. My akademiese prestasies het egter ? bron van krag en bemagtiging geword. My punte het boekdele oor my vermo?ns gespreek. Om een van die toppresteerders by my skool te wees het aan my ? unieke vorm van invloed en selfvertroue besorg."

Danksy daardie fondament het Tshongweni formele leierskapsposisies begin beklee, eers as debatkaptein en toe as adjunkpresident van haar skool. “Hierdie posisies het my toegelaat om vertroue in myself en my vermo?ns te kweek. Ek is passievol daaroor om mense te bemagtig om hulle potensiaal te verwesenlik en met selfvertroue te lei, net soos ek geleer het om te doen."

As ? leier bevorder sy oop dialoog, wedersydse respek en die soort ondersteunende ruimtes waar verandering moontlik word. Vir Tshongweni word leierskap gedefinieer deur impak, nie erkenning nie. “Dit besorg my groot vreugde wanneer diegene wat ek ge?nspireer het, terugkom om my vir hulle persoonlike groei te bedank."

Tshongweni praat openhartig oor die emosionele kompleksiteit om jou waardes standvastig te handhaaf terwyl jy dieselfde skade vermy wat jy die hoof probeer bied. “Dit is moeilik om die groter mens te wees, veral as jy self seergemaak is," merk sy op. “Dis nie maklik om deur hierdie emosionele kompleksiteit te navigeer terwyl jy harmonie probeer handhaaf nie. Ek kom dikwels voor oomblikke van selftwyfel te staan en moet hierdie gevoelens voortdurend oorkom om getrou aan my doel te bly." ? Sterk ondersteuningstelsel en persoonlike mentors het haar gehelp om op koers te bly.

Sterk rolmodelle

“My ho?rskoolonderwysers het ? deurslaggewende rol gespeel deur aan my die sterkte en aanmoediging te bied wat ek nodig gehad het," sê sy. Haar mentor in tradisionele genesing, uMama uMaNyawuza, het ook ? kragtige invloed gehad. “Sy het my aangemoedig om die wêreld in die o? te kyk en by my woord te hou, en het ? deurslaggewende rol gespeel om my te help om my selftwyfel te bowe te kom." Bowenal is dit haar ma se leiding wat haar steeds motiveer. “Haar onwrikbare geloof in my is die grondslag wat my steeds elke dag motiveer."

Wanneer uitdagings opduik, herinner Tshongweni haarself daaraan dat terugslae nie mislukkings is nie. “Ek sê vir myself volharding is die sleutel en dat ek kan aanhou probeer totdat ek my doelwitte bereik." En wanneer dinge moeilik raak, onthou sy haar ma se raad: “Dinge sal nie altyd volgens plan verloop nie ... aanvaar en verstaan dit wanneer uitkomste nie aan jou verwagtinge voldoen nie."

Op die vraag watter raad sy aan ander studente sou gee wat ? verskil wil maak, maar nie weet waar om te begin nie, antwoord sy sonder aarseling: “Begin deur in jouself te glo. Vertrou daardie innerlike stem en vertrou jou vermo?ns." Die bou van ? netwerk van ondersteunende individue sal deure oopmaak, leiding bied en geleenthede vir groei en ? doeltreffende bydrae skep, voeg sy by.

Vir Tshongweni gaan die leierskapsreis oor doelgerigtheid, deursettingsvermo? en die bemagtiging van ander om hulle stem te vind. Daardie stil, vasberade oortuiging hou aan om na buite uit te kring in elke ruimte wat sy betree.

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman