Die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Sosiale Geregtigheid (CSJ), in samewerking met die Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT), het 'n ho?vlak-rondetafel byeengeroep en 'n nuwe beleidsdokument, Policy Brief on Social Justice, Hunger and the Constitution, van stapel gestuur waarin dringende regs-, beleids- en bestuurshervormings gevra word om honger as een van Suid-Afrika se sigbaarste en mees volgehoue mislukkings in maatskaplike geregtigheid aan te spreek.
Die geleentheid is uitstekend deur Candice Egan, Fondsinsamelaar: Korporatiewe en Individuele Skenkerbeurse, SEB en SETA's aan die US, gefasiliteer. Egan speel 'n sleutelrol speel in die mobilisering van skenkervennootskappe om beurse, voedselhulp en ondersteuningsdienste vir studente te verseker – wat help om finansi?le hindernisse uit die weg te ruim en paaie na studentesukses te skep.
Die beleidsdokument herformuleer honger in Suid-Afrika baie wyer as net 'n ontwikkelings- of welsynskwessie – dit posisioneer dit as 'n grondwetlike maatskaplike geregtigheidsopdrag wat die kern van menswaardigheid, gelykheid, vryheid en die staat se bindende wetlike verpligtinge teiken. Ondanks Suid-Afrika se Grondwet wat wêreldwyd bewonder word, asook die beduidende voedselbeskikbaarheid en veelvuldige maatskaplike bystandsprogramme wat toegang tot voedsel- en voedingshulp insluit, wys Statistieke SA daarop dat meer as 2,1 miljoen huishoudings – wat 11,6% van die bevolking verteenwoordig – sedert 2021 in chroniese voedselonsekerheid vasgevang is. Die situasie het sedertdien vererger.
Prof Thuli Madonsela, Direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid en hoofargitek van die inisiatief, het benadruk dat die be?indiging van honger nie 'n kwessie van liefdadigheid of welwillendheid is nie, maar van grondwetlike nakoming. "Artikel 27 van die Grondwet en Suid-Afrika se internasionale verpligtinge laat geen twyfel nie: Toegang tot voldoende voedsel is nie 'n aspirasiedoelwit nie, maar 'n fundamentele reg," het sy gesê. Wanneer miljoene honger ly, is dit 'n skending van wetlike plig en versaak dit die belofte van ons grondwetlike demokrasie. Om honger te be?indig is nie 'n welwillendheidsdaad nie; dit is 'n daad van geregtigheid wat lankal agterstallig is."
Madonsela het verder beklemtoon dat honger diep kruissnydend is en vroue, kinders, persone met gestremdhede, bejaardes, vlugtelinge, studente en diegene wat in armoede leef, buite verhouding raak
Madonsela het verder beklemtoon dat honger diep kruissnydend is en vroue, kinders, persone met gestremdhede, bejaardes, vlugtelinge, studente en diegene wat in armoede leef, buite verhouding raak. So word bestaande strukturele ongelykhede wat in ras, geslag, geografie en historiese uitsluiting gewortel is, vererger.
Sy meen dat hoewel honger en voedingstekorte nou gekoppel is aan hindernisse wat met toegang tot grond, landbou en klimaatsverandering verband hou, ly die meerderheid honger en voedingsverhongerde mense nie weens 'n gebrek aan fisiese toegang tot voedsel nie, maar weens 'n onvermo? om vir voedsel te betaal, wat op 'n gebrek aan ekonomiese toegang tot voedsel dui.
Dr Marna Lourens, projekbestuurder en navorser by die CSJ, het in haar aanbieding van die dokument, CSJ Policy Brief on Social Justice, Hunger and the Constitution, daarop gewys dat Suid-Afrika se voedselonsekerheidskrisis 'n dieper mislukking van grondwetlike bestuur, beleidsamehang en strukturele aanspreeklikheid weerspie?l.
Lourens het verder die feit beklemtoon dat met inagneming van die feit dat die reg op voedsel soos alle regte onderhewig aan die subsidiariteitsbeginsel, daar nog besliste duidelikheid verkry moet word oor wie die pligdraer is vir sekere groepe wat voedselonseker is. Dit sluit die sogenaamde "verlore middel"-studente" in wat studeer terwyl hulle met honger en wanvoeding sukkel.
Onder die voorstelle vir grondwetlike hervorming het Thembalethu Seyisi, die CSJ-navorser vir regshervorming, data-raakvlakke en uitreiking, aanbevelings aangebied wat vra vir die eksplisiete insluiting van "sosiale geregtigheid" binne Suid-Afrika se grondwetlike raamwerk self. "Dit is tyd dat sosiale geregtigheid 'n formele, leidende beginsel in ons Grondwet word wat in wetgewing én beleidsontwerp ingebed is. Grondwetlike wysigings wat maatskaplike geregtigheid as 'n kernevalueringslens institusionaliseer, sal die regering se plig versterk om sistemiese ongelykhede, insluitende honger, proaktief deur middel van verpligte voorspellende impakbeoordelings vir sosiale geregtigheid aan te spreek."
Die beleidsdokument, wat aan die hand van uitgebreide konsultasies met beleidmakers, akademici, voedselhulporganisasies, geregtelike verteenwoordigers, studenteleiers en burgerlike organisasies ontwikkel is, vra vir:
- Verordening van raamwerkwetgewing om die reg op voedsel in werking te stel, soos vasgelê in Artikel 27 van die Grondwet.
- Die vaslegging van sosiale geregtigheidsimpakbeoordelings (SIAM) in regeringsbesluitneming om te verhoed dat beleide ongelykheid laat voortduur.
- Versterkte kruissektorale ko?rdinasie tussen staatsdepartemente, private sektor en rolspelers in die burgerlike samelewing.
- Die aanspreek van voedselprysinflasie, grondonsekerheid, voedselvermorsing en onbillike markpraktyke wat kwesbare groepe stelselmatig uitsluit.
- Die uitbreiding van maatskaplike beskermingsprogramme, insluitende die oorweging van 'n universele basiese inkomstetoelaag wat op internasionale beste praktyke geskoei is.
Die Rondetafel het ook die unieke beleidsvenster beklemtoon wat deur die Nasionale Voedsel- en Voedingsekerheidsplan (2025–2029) gebied is en het die regering versoek om regtegebaseerde en sosiale geregtigheidsraamwerke in voedselsekerheidsbeplanning in te sluit. Die finale pogings van die wêreldwye doelwitte vir volhoubare ontwikkeling (DVO'e) en Suid-Afrika se G20-presidentskap, met die temas, solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid, is ook as geleenthede vir katalitiese optrede uitgelig om honger as 'n sosiale geregtigheidskwessie te be?indig.
Regdeur die geleentheid is daar 'n oproep vir die beginsel van Ubuntu – "ek is omdat ons is" – gedoen om die kollektiewe verantwoordelikheid wat die staat en die samelewing deel, te onderstreep. Die kollektiewe verantwoordelikheidsparadigma word ook deur die VN-KESKR Algemene Kommentaar 12 ingelig wat verskillende proporsionele rolle vir die staat en die burgerlike samelewing ten opsigte van die respek, beskerming en vervulling van die reg op voedsel en vryheid van honger erken.
Soos Thulani Hlatswayo, ko?rdineerder van die Eenheid vir Studente-oorsigbestuur aan die US, tot die gevolgtrekking gekom het: "Honger sal nie deur ge?soleerde intervensies be?indig word nie. Dit sal eindig wanneer ons as 'n land aanvaar dat om mense kos te ontsê, 'n skending van hulle regte is en daarvolgens optree."
Die beleidsdokument sal aan verskeie regeringsministeries voorgelê word as 'n direkte oproep tot aksie. Brent Herron, 'n Parlementslid, het informeel 'n afskrif vir die parlement by die geleentheid aanvaar en gesê dat wanneer niemand kos kan voorsien vir diegene wat nie vir hulleself kan sorg nie, die Grondwet 'n plig op die regering plaas om in te gryp en te voorsien.
Terwyl Suid-Afrika sy vierde dekade van demokrasie betree, daag die CSJ die land uit om die gaping tussen die grondwetlike belofte en die geleefde werklikheid te verklein – en om honger nie as 'n ontwikkelingsteiken te hanteer nie, maar as 'n dringende wetlike, morele en grondwetlike maatskaplike geregtigheidsnoodsaaklikheid.