?JEUGMAAND
Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hulle gemeenskappe en verder bevorder. Deur hulle leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.
In ? wêreld met ? klimaatskrisis wat vinnig vererger, is Ocean Postman vasberade om te wys dat groot verandering met klein treetjies naby aan die huis kan begin. As ? BA Geesteswetenskappe-student in haar derde jaar, met politieke wetenskap en filosofie as hoofvakke, het sy as ? leidende stem vir volhoubaarheid op die kampus na vore getree.
Postman is vir die volhoubaarheidsportefeulje op die Studenteraad (SR) verantwoordelik en het haar passie vir die planeet in tasbare aksie omskep. In April was sy aan die spits van ? Aardedag-inisiatief op die kampus wat omgewingsaktivisme na Stellenbosch se strate gebring het.
Van vrywilliger tot leier
Postman het met ? sterk sin vir sosiale geregtigheid en ? liefde vir skryf en musiek grootgeword. Maar dit was deur vrywilligerswerk dat sy haar roeping in omgewingsaktivisme gevind het. Sy meen klimaatsaktivisme is ? gedeelde verantwoordelikheid wat in plaaslike gemeenskappe begin. Haar verbintenis tot volhoubaarheid het aanvanklik danksy buurtskoonmaakaksies en boomplantingsveldtogte vlamgevat.
“My inspirasie om by volhoubaarheid betrokke te raak was om te sien hoe plaaslike inisiatiewe werklik ? verskil kan maak, soos die strandskoonmaakaksies ná die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal," verduidelik Postman. “Daarna het my passie toegeneem, met die wete dat samewerking die enigste manier is om by klimaataktivisme betrokke te raak. My aansporing was die wete dat ek deel is van ? groot beweging van mense wat wil toesien dat volhoubaarheid bereik word."
Hierdie grondvlak-ingesteldheid rig nou haar benadering tot leierskap. Sy sien haar rol in studentebestuur as ? platform om ander se stemme te versterk en kollektiewe aksie aan te voor.
Een van haar trotsste oomblikke vanjaar was die ko?rdinering van die kampuswye skoonmaakpoging op Aardedag, toe dosyne sakke vullis op en om die kampus versamel is. Die SR, die omgewingsvereniging EcoMaties en die Universiteit se omgewingsvolhoubaarheidspan het aan die inisiatief meegewerk. Dit was ? praktiese demonstrasie van haar oortuiging dat klimaataktivisme ? gedeelde verantwoordelikheid is wat plaaslik begin en deur deelname groei.
Inspireer verandering deur samewerking
Omgewingskwessies kan soms oorweldigend voel, erken Postman. “Maar verandering rus nie op een mens se skouers nie. Dit gebeur in en tussen gemeenskappe, en as studente behoort ons aan ? gemeenskap wat kragtiger is as wat ons besef."
Dis die klein dingetjies wat die lonendste is, sê sy: “Studente wat tyd in hulle besige klasrooster inruim om met ons skoonmaakaksies te help; of om te sien hoe studente meer oor die inisiatiewe in hulle gemeenskap van Stellenbosch en verder leer, asook dat hulle waarlik opdaag. Dit was ? beloning én ? uitdaging om studente wat aanvanklik nogal oorweldig kan voel, opgewonde te maak om ? boom te plant, spaarsamig te werk te gaan en verantwoordelike keuses te maak."
Postman het ook naam as skrywer gemaak deur woorde as ? bemagtigingsinstrument te gebruik. Synde ? voormalige studentejoernalis van Die Matie is sy passievol daaroor om jongmense met kennis toe te rus en hulle aan te moedig om nuuskierig te bly.
Die mag van ingeligte stemme
“Wat skryfwerk betref, is ek oortuig dat die jeug met kennis bemagtig moet word," merk Postman op. Daardie oortuiging is in 2024 bevestig toe sy die gesogte Opstelkompetisie oor Afrika-demokrasie gewen het. Dié kompetisie word gesamentlik deur die US se Sentrum vir Navorsing oor Demokrasie (Credo) en die Konrad-Adenauer-stigting (KAS) gere?l en jaarliks deur die US se Departement Politieke Wetenskap aangebied. “Dit was werklik ? hoogtepunt van my akademiese loopbaan."
Postman sê sy is dankbaar vir die ondersteuning van ? sterk netwerk van haar gesin en eweknie?. “My gesin verstaan my passie vir sosiale aktivisme en het my altyd toegelaat om dit van jongs af uit te leef." Sy put ook inspirasie uit mede-studenteleiers, veral dié wat in kruissnydende ruimtes werk.
Wanneer dit voel of vooruitgang te stadig is, vind Postman perspektief in die natuur. “Ek hou daarvan om buite te wees. Ek hou daarvan om deur die Jan Marais-park te stap, aan my gunsteling-staproetes tuis in KZN te dink, en te lees oor van die werk en navorsing wat aktiviste in Suid-Afrika en verder gedoen het. Dit gaan daaroor om myself daaraan te herinner dat ek net een mens is wat op hierdie diep betekenisvolle manier met ander dapper, inspirerende aktiviste verbind is."
Sy bied praktiese raad aan studente wat ? verskil wil maak: “Vra net! Vra jou koshuisleiers, jou fakulteit of die studentegemeenskappe waarby jy betrokke wil wees. Ek het begin deur my tyd vrywillig aan te bied, en ek lees baie. Bly ingelig, nie net oor jou studies nie, want die geleenthede om ons gemeenskappe te dien is daar buite."
FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman