肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verbeter algehele telling op QS-wêreldranglys
Outeur: Corporate Communication and Marketing
Gepubliseer: 20/06/2025

Net drie plekke. Dit is hoe naby die Universiteit Stellenbosch (US) vir die derde agtereenvolgende jaar aan die top 300 universiteite ter wêreld gekom het. Volgens die jongste QS (Quacquarelli Symonds)-wêreldranglys vir universiteite wat Donderdag 19 Junie 2025 vrygestel is, is die US in die 302de plek.

Die US beklee in die 2026-weergawe van die QS-wêreldranglys weer die derde plek in Suid-Afrika (en in Afrika)—dieselfde as verlede jaar. Hoewel die instelling 'n paar plekke gedaal het, het dit sy algehele telling verbeter—die somtotaal van die tellings vir elk van die nege aanwysers of kategorie? wat gebruik word om universiteite te assesseer.

Terwyl die US goed gevaar het deur sy telling in agt van hierdie aanwysers te verbeter, het die instelling wel in vyf hiervan op die wêreldranglysaanwysers gedaal. Dit kan moontlik toegeskryf word aan ander universiteite wat meer as die US op die aanwysers verbeter het, asook aan 'n toename in die aantal instellings wat in die 2026-uitgawe ge?valueer is. Die US neem ook nie aktief aan hierdie ranglys deel nie.

Die jongste uitgawe van die QS-wêreldranglys, wat as een van die drie top-universiteitsranglysstelsels wêreldwyd beskou word, assesseer 1 501 instellings in 106 liggings—8 467 instellings, insluitende 112 nuwe universiteite, is ge?valueer—en is die enigste ranglys van sy soort wat indiensneembaarheid en volhoubaarheid beklemtoon.

Hierdie instellings is aan die hand van die volgende nege aanwysers geassesseer: akademiese reputasie (wêreldwye akademici se persepsies van 'n instelling se akademiese uitnemendheid), werkgewerreputasie (wêreldwye werkgewers se persepsie van watter universiteite die meeste gegradueerdes wat werkgereed is, oplewer), fakulteitstudenteratio (die ratio tussen die aantal akademiese personeel en die aantal studente), aanhalings per fakulteit (aantal akademiese aanhalings wat deur fakulteitslede opgelewer word), internasionale fakulteitsratio (die persentasie fakulteitslede wat internasionaal is), internasionale studenteratio (die persentasie internasionale studente), internasionale navorsingsnetwerk ('n instelling se sukses in die skep en instandhouding van navorsingsvennootskappe met instellings op ander plekke), indiensnemingsuitkomste en volhoubaarheid (die maatskaplike en omgewingsimpak van universiteite).

Die Viserektor vir Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, prof Sibusiso Moyo, het in reaksie op die jongste uitgawe van die QS-wêreldranglys gesê die instelling is “'n navorsingsintensiewe universiteit waar ons uitstaande studente lok, talentvolle personeel in diens het en 'n wêreldklasomgewing bied, 'n plek wat met die wêreld verbind is, terwyl ons plaaslike, kontinentale en globale gemeenskappe verryk en transformeer.

“Ons sal voortgaan om uitnemendheid na te streef, op ranglyste te klim en daarop te fokus om plaaslike, streeks-, kontinentale en globale impak te maak. Welgedaan aan al ons personeel en studente wat steeds bydra tot die prestasie van die Universiteit ten spyte van enkele uitdagings in 2024 en 2025, veral op die gebied van navorsing."

Die US was vroe?r vanjaar ook onder die topuniversiteite wêreldwyd op Times Higher Education se 2025-wêreldranglys van universiteite per vak en die 2025 QS-wêreldranglys vir universiteite per vak.

Die US is die afgelope paar jaar deurgaans onder die beste tersiêre instellings ter wêreld op hierdie twee vakranglyste gereken, asook die QS-wêreldranlys vir universiteite, die Times Higher Education-wêreldranlys vir universiteite en die Akademiese Ranglys van Universiteite Wêreldwyd.