?JEUGMAAND
Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.
Aidan Fletcher se storie is een van stille krag en skril kontraste. Hy is ? teologiestudent met ? sagte stem wat sy dae tans wy aan pastorale sorg, gemeenskapsopheffing en die skep van ruimtes van genesing. Maar agter die kalm uiterlike skuil ? onstuimige verlede – hy het in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte grootgeword as die seun van ? bendelid, omring deur armoede, geweld en verlies.
Gerig deur sy ma se standvastige veerkragtigheid en die toevlug wat hy in geloof gevind het, het hy bo uitdagende omstandighede uitgestyg en werk hy tans as 23-jarige aan ? meestersgraad in praktiese teologie (MTh Kliniese Pastoraat) aan die US. “My ma het altyd gesê dit maak nie saak wat om jou aangaan nie, die kerk sal altyd daar wees vir jou. Daardie gevoel van veiligheid en gemeenskap het my ge?nspireer om teologie te studeer," vertel Fletcher.
Nadat hy in 2019 gematrikuleer het, was sy toekoms onseker en het hy tydens ? oorbruggingsjaar by Checkers Hyper in N1 City gewerk om sy gesin te help onderhou. Sy ma, Glenda, is ? fabriekswerker wat kilometers ver werk toe gestap het. Haar volharding het die grondslag gelê vir sy ywer om onderrig as ? instrument vir transformasie na te streef.
“Ek het geweet universiteit gaan moeilik wees, maar ook dat dit my die geleentheid sou bied om iets van myself te maak," sê hy. “Ek wou wegbreek van ? lewe waar jy altyd oor jou skouer moet kyk."
Terugploeg in Bishop Lavis
Vandag werk Fletcher op die kruispunt tussen teologie en maatskaplike opheffing. As ? sleutel-lid van die SLEAK-program (Vaardighede, Leer en Opvoedkundige Aktiwiteite vir Kinders), keer hy elke week na Bishop Lavis terug om lewensvaardigheidsessies aan te bied vir kinders wat aan ho? risiko's blootgestel is. Die program, wat gesamentlik deur die Departement Teologie, die Afdeling Arbeidsterapie en Maties Sport aangebied word, rus leerlinge met veerkragtigheid, kommunikasie en basiese werkgereedheidsvaardighede toe.
“Ek hoor stories wat so baie soos myne klink," sê Fletcher. “Omdat ek die gemeenskap verstaan, weet ek waardeur hierdie kinders gaan. Ek weet hoekom sommige van hulle skande of woede met hulle saamdra, of hoekom hulle bang is om oor sekere goed te praat."
Fletcher dra meer as bloot kennis tot elke sessie van twee ure by. Hy bied ook geleefde ervarings en emosionele insig. “Ek sit alles in daardie sessies. Dit raak my my baie diep."
Benewens sy rol in Bishop Lavis, word Fletcher se impak oor die hele kampus gevoel. Hy het as ? fasiliteerder in die Leierskap vir Maatskaplike Geregtigheidsprogram gedien, ? gesamentlike inisiatief tussen SU Internasionaal en die Frederik van Zyl Slabbert-instituut. Daar het hy sy persoonlike storie met besoekende Amerikaanse studente gedeel en oor demokrasie, identiteit en ongelykheid in Suid-Afrika besin. Hy is nou ? mentor in die Bystaander-effek in Demokrasie-program, waar hy studente help om hul stem en bestaansrede te vind.
Fletcher dien ook in die Zero Hunger-subkomitee van Unasa (die Verenigde Nasies se Vereniging van Suid-Afrika) en mentor gereeld studente in die US se manskoshuise. “Ek verkies informele ontmoetings of een-tot-een gesprekke. Dis waar mense gemaklik voel om oop te maak. Jy kan oor diep dinge praat of net sokker speel en saam ontspan en ? gevoel van gemeenskap skep."
Sy doelwit is om ? teen-narratief te bied vir die toksiese manlikheid en stilte wat jong mans se lewens so dikwels rig. “Ek voel sterk daaroor dat jong mans positiewe rolmodelle nodig het. Hulle moet blootgestel word aan die idee dat ? beter lewe moontlik en binne hul bereik is. Ek kom uit ? generasie waar baie van ons pa's afwesig was. Ek moes leer om my pa te vergewe dat hy nie daar was vir my nie, want ek weet hy het nie ? positiewe rolmodel gehad nie. Ek wil ruimtes skep waar jong mans hulself kan uitdruk sonder om skaam of bang te wees."
Gemeenskap en vreugde
Een van die belangrikste mense in Fletcher se lewe was sy voormalige wiskunde-onderwyser, Ashley Young, wat self aan die US gestudeer het. Dit was Young wat Fletcher die eerste keer aan die idee van ho?r onderwys bekendgestel het deur hom na die US se Opedag te neem toe hy nog in gr. 11 was. “Dit was die oomblik wat my wêreld verander het," onthou Fletcher. “Iets het in my brein gekliek. Ek het geweet ek wou hier studeer."
Young het hom ná skool steeds ondersteun deur hom te help om koshuisverblyf te bekom, vervoer te verskaf as dit nodig was en ? standvastige mentor te wees. In die afwesigheid van ? vaderfiguur het Young se ondersteuning Fletcher gehelp om ? kritieke oorgang in sy lewe deur te sien.
Op die vraag wat sy dryfkrag is, gee Fletcher krediet aan die leiers en eweknie? wat hom omring. “Ek word gemotiveer deur die welwillendheid en energie van die mense saam met wie ek in my verskillende rolle werk. As hulle bereid is om te probeer, moet ek ook bereid wees om te probeer om ? verskil te maak. Ek begin besef my jare by die US nader hul einde. Ek wil die meeste van elke dag maak en al die wonderlike hulpbronne gebruik wat ons op kampus het."
Fletcher woon tans in Huis Russel Botman, ? koshuis wat volgens hom deur energie en doelgerigtheid gekenmerk word. “Almal is daar buite besig om wonderlike dinge te doen. Hulle sit nie net in hul kamers nie. Dit inspireer my ook."
Hy sê hoewel hy sy akademiese en leierskapsverantwoordelikhede ernstig opneem, geniet hy dit die meeste om bloot op die kampus te wees – tyd saam met vriende deur te bring, te lag en die alledaagse vreugde van die studentelewe te geniet. “Dis die beste deel van Matie-wees!" sê hy met ? glimlag.
Raad aan ander
Sy boodskap aan studente wat ? verskil wil maak, is om eerstens selfvertroue op te bou. “Doen die beste met wat jy het. Jy moet in jouself glo. Jy moet ook vertroue in ? ho?r mag hê. Jy moet oortuig wees dat wat jy doen ? positiewe uitwerking sal hê. Jy sien dalk nie altyd die resultate nie. Maar jy plant saadjies. En soms is dit genoeg."
Hy moedig studente ook aan om proaktief te wees. “Reik uit na organisasies op die kampus en toon jou bereidwilligheid om betrokke te wees en te lei. Dr Heidi October van die Frederik van Zyl Slabbert-instituut herinner ons dikwels daaraan dat leierskap nie ? werk is nie – dit is ? roeping wat beteken dat jy heeltyds en in elke aspek van jou lewe daartoe verbind is. Jy kies nie die hasepad wanneer dit moeilik raak nie. Jy moet die selfvertroue om na vore te tree en by te dra aktief opbou."
FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman