?
JEUGMAAND
Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.
Vir Nkosinathi Malukanya is hulp aan ander mense ? roeping wat in deernis gegrond en deur doelgerigtheid aangespoor word. Hy is ? student in sy finale jaar in maatskaplike werk aan die US en die mede-stigter van ARISE, ? voetsoolvlak-inisiatief wat in Kayamandi gesetel is en wat gemeenskappe ondersteun wat voedselonsekerheid en armoede ervaar.
“Ek het ? passie om ? impak op die wêreld te maak," sê hy. “Dit maak my seer om mense te sien ly. Dis hoekom ek maatskaplike werk gekies het."
Terwyl die Wes-Kaap tans stormagtige weer en skerp dalende wintertemperature die hoof bied, hoop Malukanye sy storie sal ander inspireer om warm klere, komberse en nie-bederfbare voedselprodukte te skenk om kwesbare gesinne te help.
Sade van hoop in Kayamandi
Malukanya kom van Siyabuswa in KwaNdebele, Mpumalanga, waar hy en sy tweelingbroer, Siyabonga, en sy neefs en niggies deur sy ouma, Esther Anna “NoRitjha" Mthimunye, grootgemaak is. “My ouma is my grootste motivering om my lewe aan maatskaplike werk te wy," sê hy. “Sy het ons ubuntu geleer. Sy het geglo mens het nie veel nodig om ? verskil te maak nie. Net ? goeie hart. 'n Mens voel gelukkiger as jy ander help. My ouma het hierdie beginsel uitgeleef."
Sy studies het hom na Stellenbosch gebring, waar hy in beide Idasvallei en Kayamandi gewoon het. “Ek het Stellenbosch van die begin af positief ervaar. Ek is hartlik verwelkom deur al die gemeenskappe. Ek hou daarvan om verskillende omgewings te verken en uit te werk hoe ek ? impak kan maak."
Dit was in Kayamandi waar hy ARISE help stig het. Dit is ? projek onder studente se leiding wat op gemeenskapsopheffing fokus. ARISE maak reeds opslae: Vroe?r vanjaar is ? boomplant-vergroeningsinisiatief van stapel gestuur en tans bestuur ARISE ? volhoubare klere-, kombers- en kosinsamelingsprojek.
“Die koue, nat weer wat ons in Stellenbosch ervaar, maak ons werk des te dringender," sê Malukanya. “Daar is ? reuse behoefte aan warm beddegoed en kospakkies."
Benewens die voorsiening van basiese behoeftes ondersteun ARISE leerders ook deur middel van tutoriale en loopbaanvoorligting. Verlede jaar het Malukanya gehelp om ? Loopbaandag vir gr. 11's by die Makupula Sekondêre Skool te re?l. “Wanneer ek kan, maak ek tyd om vrywilligerswerk as ? private onderwyser te doen," sê hy. “Dit gaan daaroor om ? toekomsvisie vir jongmense te bied."
Toegerus vir ? beter lewe
Malukanya se aktivisme is nie tot Kayamandi beperk nie. As ? maatskaplikewerkstudent het sy praktiese plasing by die Ramot-behandelingsentrum vir Middelafhanklikheid in Parow hom die geleentheid gebied om nou met individue saam te werk wat verslawing te bowe kom. Sy sessies dek alles van terugvalvoorkoming tot gesinsherintegrasie.
“My doel is om mense met die gereedskap toe te rus om ? gesonde lewe sonder dwelmmisbruik te lei," verduidelik hy. “Ons gesels oor drange, emosionele snellers en hoe om na hul gesinne terug te keer sonder om in skadelike gewoontes terug te val. Ek wil later vanjaar ? bewustheidsprojek oor dwelmmisbruik saam met my kollega, Jacklyn Kotze, by die Ho?rskool Tygerberg aanbied."
Malukanya is baie bewus van die sistemiese hindernisse wat arm gemeenskappe verhinder om toegang tot hulp te kry. Tydens sy studies het hy geleer oor die talle wette en beleide wat op papier bestaan, maar buite bereik bly vir diegene wat dit die nodigste het.
“Daar is mense wat nie weet hoe om toegang tot toelaes, ID-kaarte of maatskaplike dienste te kry nie," sê hy. “? Deel van my missie is om aan hulle leiding te bied. Klein veranderinge, soos om iemand te help om vir ? geboortesertifikaat aansoek te doen, kan ? groot impak hê."
Malukanya droom daarvan om eendag beleid te be?nvloed. “Ek wil in ? posisie wees waar ek vir beter dienslewering voorspraak kan doen. Daar is soveel goeie idees in sukkelende gemeenskappe wat nooit op dreef kom nie omdat daar geen finansiering is nie. Dit moet verander."
Geduld en veerkragtigheid
Malukanya word ondanks die uitdagings deur sy doel om ander te help gemotiveer. “As maatskaplike werkers word ons van ons eerste jaar af geleer dat ons vrede moet maak met die feit dat jy nie almal kan help, almal kan liefhê of elke probleem kan oplos nie. Dis die klein pogings en hoe jy jou hart vir mense se probleme oopmaak, wat tel. Die belangrikste is om gereed te wees om om ? verskil te probeer maak."
Mentors het ? sleutelrol in Malukanya se reis gespeel. By StellCare, ? plaaslike organisasie wat Kayamandi bedien, het hy die geduld en veerkragtigheid ervaar van maatskaplike werkers wat ? tasbare verskil met beperkte hulpbronne maak. By die US het een van sy dosente, prof Lambert Engelbrecht, hom aangemoedig om te volhard in ? veld waar manlike maatskaplike werkers dikwels in die minderheid is. “Hy het my daaraan herinner dat ons meer mans in maatskaplike werk nodig het," sê Malukanya. “Ek het myself belowe dat ek sal volhard."
Hy het raad vir studente wat hoop om betrokke te raak: “Vind jou passie en maak kontak met ander. Daar is soveel vrywilligersgeleenthede by die US. Selfs al is jy nie ? student nie, is daar nie-regeringsorganisasies waar jy jou hulp kan aanbied. Elke poging tel."
· Diegene wat kos, klere of komberse wil skenk, kan Nkosinathi Malukanya by 072 955 4021 of ariseproject25@gmail.com kontak, of skenkings by die Ikaya Primêre Skool, Sesde Laan no. 37, Kayamandi, aflewer.
FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman