肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Reserwebank onthul hoe om klimaatverwante risiko's aan te pak
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 02/07/2025
Deputy Governor of the South African Reserve Bank (SARB) Fundi Tshazibana and Craig Lemboe Deputy Director at the BER

Fundi Tshazibana, adjunk-goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), het die rol van sentrale banke in die hantering van klimaatverwante risiko's uiteengesit tydens 'n “kaggelklets” wat deur die Buro vir Ekonomiese Navorsing en die Departement Ekonomie aangebied is.

Tshazibana, wat ook die uitvoerende hoof van die Omsigtigheidsowerheid en 'n lid van die Monetêre Beleidskomitee is, se gesprek was getiteld “Groen finansies en die rol van sentrale banke".”.

Dié ekonoom, wat by die Nasionale Tesourie, die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika en die Internasionale Monetêre Fonds in diens was, het begin deur uit te brei oor hoe die SARB die finansi?le risiko's van klimaatsverandering benader.

“Ons is nie die drywers van omgewingsbeleid in die land nie, maar ons is fokus wel op die risiko's verbonde aan klimaatsverandering. Suid-Afrika ervaar ongeveer een keer elke 20 jaar erge droogtes. Ons skatting is dat die inflasie-impak daarvan 'n styging van 10% op voedselpryse en 'n algehele inflasie van 3% beloop.”

“IAs ons kyk na die vloede wat ons in 2022 in KwaZulu-Natal ervaar het, was die beraamde ekonomiese koste daarvan sowat R54 miljard en dit sluit nie eers versekeringsverwante koste in nie. So, jy kan reeds vanuit 'n sentrale bank oogpunt sien dat daar risiko's is en dat daar 'n prys daaraan verbonde is.”

“Wat ek dus deur hierdie voorbeelde probeer illustreer, is dat wat anders is aan klimaatverwante risiko's, is dat dit veelsydig kan wees – dit kan 'n impak hê op inflasie, kredietrisikoblootstellings en versekeringseise. Dit kan selfs 'n impak hê op toerismegetalle soos ons in Kaapstad met die droogte (gedurende die 2016-2018-tydperk) gesien het.”

Sy sê die SARB het verskeie maatre?ls binne sy mandaat iun plek gestel om klimaatverwante risiko's aan te spreek.

“Ons moes nadink oor verskillende modelleringsinstrumente wat ons kon gebruik. Normaalweg gebruik ons standaard makro-ekonomiese metrieke modelle, maar met die veelvlakkige klimaatverwante risiko's wat ons in die gesig staar, moes ons dit oorweeg om ander soorte modelle soos algemene ewewigsmodelle en meer dinamiese modelle te gebruik. Dit is ook belangrik om dinge soos voorsieningstabelle te gebruik en om data uit verskillende bronne te integreer. Hoe gebruik jy byvoorbeeld inligting van meteorolo? en hoe lyk dit en wat beteken dit?”

“Ons het ook scenario's ontwikkel om ons te help om potensi?le skade as gevolg van fisiese risiko's van klimaatsverandering te evalueer. Ander werk wat ons aangepak het, is om die klimaatverwante risiko's vir die finansi?le sektor as geheel beter te verstaan. Vanjaar het ons ons eerste algemene strestoets vir klimaatrisikoscenario's uitgereik waar ons al die banke vra hoe hulle op 'n klimaatstrestoets sal reageer.”

Tshazibana het ook uitgebrei oor die werk wat SARB gedoen het as deel van die Network for Greening the Financial System – 'n groep sentrale banke en toesighouers wat beste praktyke deel en bydra tot die ontwikkeling van omgewings- en klimaatrisikobestuur in die finansi?le sektor.

Deputy Governor of the South African Reserve Bank (SARB) Fundi Tshazibana and Craig Lemboe Deputy Director at the BER speaking on climate related risks

“Ons het saamgespan om langtermynklimaatscenario's te ontwikkel om potensi?le skade as gevolg van fisiese risiko's van klimaatsverandering te evalueer. Ons het dit toe verder gevat om ook korttermynscenario's in te sluit. Die ander werk wat ons gedoen het, was vir die sentrale banke om na te dink oor hoe hulle self skoner en groener kan word. Ons werk help ook nasionale regerings om klimaatfinansiering te implementeer.”

Sophia du Plessis, medeprofessor en voorsitter van die Departement Ekonomie, het Tshazibana geloof vir haar werk by die SARB om klimaatverwante risiko's en die impak daarvan op die ekonomie aan te spreek.

“Dit is baie belangrik vir ons as 'n land om hierdie kwessies nou aan te spreek en toekomstige risiko's te beperk sodat ons nie in die toekoms daarvoor betaal nie. Ons moet seker maak dat indien hierdie risiko's wel 'n werklikheid word, ons daarop voorbereid is.”

Sy het bygevoeg dat daar duidelike voordele is aan geleenthede soos hierdie waar regeringsamptenare beleidskwessies wat hulle in die gesig staar, aan die akademiese gemeenskap voorlê.

“Een belangrike voordeel is dat beide navorsers by die Universiteit en ons studente eerstehands kan hoor wat die kwessies is en dit as potensi?le navorsingsonderwerpe kan beskou. Ons is trots daarop om navorsing met sosiale impak te doen en 'n nouer verbintenis met beleidmakers kan betekenisvolle en relevante navorsing inspireer. Nog 'n voordeel is dat sulke gellenthede 'n tweerigtingvloei van inligting bevorder waar akademici insigte verkry waarby beleidmakers ook kan baat vind,” sê du Plessis.”