?Vyf merkwaardige Maties is onder News24 se 30 Jong Mandelas van 2025, 'n toekenning wat jong Suid-Afrikaners vereer wat die gees en waardes van oudpresident Nelson Mandela deur hulle leierskap, aktivisme en innovasie beliggaam.
Vanjaar se 30 Jong Mandelas is vir hulle uitstaande bydraes in ses sleutelkategorie? gekies: Maatskaplike geregtigheid, Klimaatsgeletterdheid, Innovasie, Geestesgesondheid, Filantropie en Verdieping van Demokrasie. Die ses bekroondes is die huidige US-student Alexandra Lutz en alumni dr Stefani du Toit, dr Juandré Klopper, Gabi Immelman en Ryan Young.
Vier van die vyf Maties is in die Innovasie-kategorie erken. Tweedejaar-datawetenskapstudent Alexandra Lutz het Milani Education gestig terwyl sy nog op ho?rskool was, gedryf deur haar bewustheid van opvoedkundige ongelykhede. Die gratis platform bied leerders die instrumente wat hulle nodig het om sukses te behaal en help om opvoedkundige hulpbronne toegankliker te maak vir leerders in onderbediende gemeenskappe. Lutz beskryf haar keuse as "so 'n eer" en voeg by: "Ek is uiters dankbaar vir al die mense wat my ondersteun het in my reis om Milani Education te stig en ons organisasie te laat groei om te kom tot waar dit vandag is." Sy sê die toekenning sal meer mense van Milani Education bewus maak, en sal daardeur hopelik dit vir meer leerders moontlik maak om voordeel uit die platform se gratis aanlyn leerhulpbronne te trek. "Die toekenning toon ook die krag wat jong Suid-Afrikaners kan hê om te lei, te transformeer en hoop te skep vir 'n beter Suid-Afrika," voeg sy by.
Dr Juandré Klopper, 'n mediese dokter, uitvinder en entrepreneur, is die stigter van Sponsor Medic, 'n nie-regeringsorganisasie wat geld insamel om dokters in hospitale en gemeenskappe met min hulpbronne te plaas. Klopper, wat in 2020 aan die Universiteit Stellenbosch (US) gegradueer het, is ook aangewys as een van News24 se Top 6-ster-Mandela's vir sy uitstaande prestasies in innovasie. "Ons sien nie hierdie prys as 'n viering van onsself nie, maar van die jeug oral wat opstaan om uitdagings die hoof te bied en aan oplossings te werk. Talle individue gee elke dag in Suid-Afrika stilweg meer van hulleself om ander op buitengewone maniere te help. Ons is net een van vele – en ons glo dit is belangrik om almal daaraan te herinner dat elke bietjie inspanning saak maak," sê hy.
US-alumna Gabi Immelman is die stigter en uitvoerende hoof van Mindjoy, 'n leidende opvoedkundige platform wat aanpasbare KI-tutors gebruik om leer te verpersoonlik. Mindjoy het ten doel om leerders te help om komplekse konsepte deur werklike probleemoplossing beter te verstaan, wat die krag van leer weer in die hande van studente plaas.
Dr Stefani du Toit, wie se PhD in Openbare Gesondheid adolessente se geestesgesondheid in kontekste van groot te?spoed ondersoek het, is erken vir haar pogings om geestesgesondheidsuitkomste in onderbediende gemeenskappe te verbeter. "Om as een van die Jong Mandelas van 2025 genomineer te word, is 'n enorme eer. Ek is dankbaar vir die voorreg om in 'n loopbaan te wees wat nie net 'n werk is nie, maar 'n roeping – 'n verbintenis om by te dra tot die verbetering van ander se lewens." Du Toit se akademiese werk strek oor verskeie lewensfases en fokus daarop om oplossings te vind om welstand onder kwesbare bevolkings te verbeter. "Hierdie nominasie sou beslis nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van my kollegas by die Instituut vir Lewensloopgesondheidsnavorsing nie," sê sy.
Intussen is US-alumnus Ryan Young saam met sy vennoot, Yeshav Sewlal, in die kategorie Verdieping van demokrasie vereer vir die mede-skepping van Yoh Vote, 'n politieke pasmaatplatform wat ontwerp is om jong Suid-Afrikaners by die demokratiese proses te betrek. Die webwerf, wat hy saam met 'n groep van sy vriende voor die nasionale verkiesing in 2024 bekendgestel is, bied politieke inligting in die formaat van 'n pasmaat-app, wat help om apatie van jeugdige kiesers teen te werk deur burgerlike betrokkenheid iets te maak waarby hulle meer aanklank kan vind en dit toegankliker te maak. Meer as 87 000 mense het die vraelys voor die verkiesing voltooi. Oor die erkenning sê Young: "Dit is 'n eer om by só 'n groep indrukwekkende jong Suid-Afrikaners ingesluit te word en 'n platform van News24 te ontvang. Ons hoop om dit te gebruik om Yoh Vote te laat groei en te ontwikkel voor die volgende plaaslikeregeringsverkiesing."