USAN
Oproep om referate
Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch bied van 21 tot 23 Januarie 2026 weer ons tweejaarlikse kongres vir jong navorsers en nagraadse studenteaan!
USAN is ’n geleentheid vir jong
navorsers om hulle navorsing, gebaseer op hulle nagraadse studie, met
akademiese eweknie? te deel. Daar sal ook ’n publikasiegeleentheid wees
naafloop van die kongres.
Ons nooi graag alle jong navorsers wat die afgelope vyf jaar gegradueer het sowel as alle PhD-, M- en afgestudeerde Honneurs-studente om voorstelle vir een van die volgende voor te lê:
- Referaat (20 minute aanbiedingstyd)
- Plakkaataanbieding
Daar
is geen beperking op temas nie. Die enigste vereiste is dat die
referaat of plakkaat by een of meer van die volgende studierigtings
aansluit:
- Formele taalkunde
- Letterkunde
- Toegepaste taalkunde en taalpraktyk (leksikografie, redigering, taalonderrig, taalverwerwing, tolking en vertaling)
Aanbiedingstale: Afrikaans, Engels, Nederlands en Xhosa. Tolkdienste sal beskikbaar wees.
Formaat: In persoon en aanlyn. Beperkte reisbeurse is beskikbaar. Inligting volg later.