肆客足球

Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

????

RIDS | Tygerberg Doktorale Kant?oor

Keurgeleenthede

Maties het die keuse van 'n ryk verskeidenheid stimulerende akademiese en sosiale byeenkomste. Vind hieronder die besonderhede van 'n keur van geleenthede wat besonderlik aanbeveel word vir die PhD- en postdoktorale gemeenskap op Tygerberg-kampus.

Vaardigheidsbou US-wye byeenkomste





Spotlight-Reeks?

Die tweejaarlikse seminare van die Spotlight-reeks verskaf aan akademici 'n platvorm om hul navorsing aan die aktuele temas van nasionale en internasionale gedenkdae te koppel. Die geleentheid word gebruik om kameraderie in die FGGW te bevorder. Registreer asseblief vir die byeenkoms, via hierdie pamflet. Alhoewel die geleentheid sedert die pandemie in hibriede formaat aangebied word, word persoonlike bywoning in die BMNI-gebou op Tygerberg kampus verkies. Beide opsies vir bywoning vereis registrasie. Kort kreatiewe optredes deur FGGW-studente vorm deel van die program. 'n Ligte vingerete word bedien.

  • Dinsdag, 27 Mei 2025, ter herdenking van Afrika-dag
    Die Afrika-dag teme vir 2025 is 
    'Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur regstellings'.
    Hierdie tema sal met ongelykheid met betrekking tot gesondheid in verband gebring word.
    Paneel van sprekers:
    Hoofrede - Prof Hassan Mahomed, US Afdeling Openbare Gesondheid 
    Me Yeukai Chideya, navorser, US Afdeling Openbare Gesondheid
    Dr George Chingarande, US Afdeling Geneeskundige Etiek en Wetgewing 
    Me Carine Marks, US Afdeling ?Kliniese Farmakologie


  • Dinsdag, 2 September 2025, ter herdenking van Internasionale Vredesdag
    te same met Suid-Afrika se Vrouedag en Erfenisdag

Die Spotlight-reeks word reeds vir etlike jare trots deur Tygerberg Internasionaal aangebied. Die Tygerberg Doktorale Kantoor waardeer die geleentheid om in 2025 vir die eerste keer as mede-aanbieder op te tree.






Doktorale Besprekingsgroep??

Die FGGW Doktorale Besprekingsgroep is gestig deur prof Susan van Schalkwyk van die Departement van Gesondheidsberoepe Onderwys. Vanaf 2025 word die groep byeengeroep deur dr Liela Groenewald, hoof van die Tygerberg-doktorale kantoor. Die groep vergader ongeveer een keer per maand, van 12:30 tot 13:45, en bied 'n platform vir PhD-studente om oor die doktorale reis te besin. Vergaderings sal plaasvind op die 6de vloer van die Kliniese Gebou, by die Departement van Gesondheidsberoepe Onderwys, Kamer 6054.

RSVP noodsaaklik - teken in by hierdie skakel of skandeer die QR kode.
PhD Group Sign-up.jpg

Ontmoetings vir 2025
Datum Tema Fasiliteerder
Woensdag, 19 Februarie Setting goals: planning for success, getting the year started Dr Rhoda Meyer
Dinsdag, 18 Maart Scoping the literature, reading for success and related thoughts on using literature Dr Rhoda Meyer
Woensdag, 16 April
Powerful writing: How coherence, golden threads, and conceptual frameworks can work for you Prof Susan van Schalkwyk
Dinsdag, 13 Mei Doctoral attributes and your professional identity Dr Mari?tte Volschenk
Woensdag, 11 Junie
TBC
Dinsdag, 29 Julie Tips for becoming a successful academic writer: Getting Published Before, During, and/or After the PhD Prof Susan van Schalkwyk
Woensdag, 27 Augustus TBC
Dinsdag, 30 September TBC
Woensdag, 29 Oktober
Taking stock: milestones, timelines, challenges and successes Dr Rhoda Meyer





?
?