Kontak:Vicky Davis
-
Plek: Endler Hall, Konservatorium
Die jaarlikse Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) Jeug-Concerto?fees bied studente die kosbare geleentheid om as solis met orkesbegeleiding op te tree.
Vanjaar se soliste sluit in: Amber Abrahams (fluit), Kyrah Adams (marimba), Erin Beck (mezzosopraan), James Cilliers (altsaksofoon), Ricardo Hiniker (harp), Chanda Lupambo (klavier), Catherine Stiff (viool), sowel as 'n vokale kwartet bestaande uit Christiaan Bell (tenoor), Ryan Hurst (bariton), Sashon Johnson (sopraan) en Khanyisile Mbukwana (mezzosopraan).
Die orkes sal onder leiding wees van Rik Ghesquière, wat die gehoor deur 'n uiteenlopende program sal neem, insluitend werke deur Liszt, Ravel, Korngold, Beethoven en Saint-Sa?ns. Die program sluit ook werke deur Suid-Afrikaanse komponiste in – onder meer die première van Kushuka deur Kerwin Albertus, asook twee werke van Hendrik Hofmeyr.
Rik Ghesquière is buitengewone professor aan die Departement Musiek, Universiteit Stellenbosch, en was vroe?r trompetspeler van die Brussels Filharmoniese Orkes, asook dirigent van die Brussels Filharmoniese Jeugorkes.
?
5 September 2025 19:3?0
Endlersaal
R70 - 170
Kaartjies: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1571803674#tickets