
Inhuldiging en intreerede
van die Kanselier
Die 16de Kanselier van die Universiteit Stellenbosch, president Lesetja Kganyago, word Vrydag 20 Junie 2025 ingehuldig.
Die rol van die Kanselier
Die Kanselier is die seremoni?le of titulêre hoof van die Universiteit en word volgens die Statuut van die Universiteit deur ’n kieskollege gekies wat uit die lede van die Raad, die lede van die Uitvoerende Komitee van die Senaat en die president en visepresident van die Konvokasie bestaan. Die Kanselier verleen by gradeplegtighede grade in die naam van die Universiteit en vervul ook ander seremoni?le pligte.
Inhuldigingsprogram en regstreekse uitsending
Die Kanselier se inhuldiging vind Vrydag 20 Junie 2025 in die Endlersaal op Stellenbosch plaas.
’n Regstreekse uitsending van die geleentheid begin om 12:30.

Meer oor President Lesetja Kganyago
Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), is op 24 Januarie 2025 eenparig tot die amp van kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies. President Kganyago is die 16de Kanselier van die US.
President Kganyago het in 2018 'n eredoktorsgraad (Doktor in die Handel (DCom) honoris causa) van die US ontvang en word as een van die beste openbare beleidsfigure in die land beskou. Die Nelson Mandela Universiteit ook in Desember 2020 het 'n eredoktorsgraad in die Handel aan Kganyago toegeken.
Hy het 'n meestersgraad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van Londen (Skool vir Oosterse en Afrikastudies) en 'n Baccalaureus in die Handel (BCom) in rekeningkunde en ekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal.
Lees meer oor ons Kanselier