
Elke student se verantwoordelikheid
Dit is elke student se verantwoordelikheid om kennis te neem van die vereistes vir Assessering en promoverings. Verwys na bladsy 34 in die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir omvattende inligting.
Daarmee saam, omskryf die Universiteit Stellenbosch se Assesseringsbeleid die verantwoordelikhede van die verskillende rolspelers betrokke by assesserings, onder meer fakulteite, programko?rdineerders en die Akadmiese Belangeraad. Studente moet in die besonder kennis neem van hul verantwoordelikhede:
- Wees volledig ingelig oor die US se assesseringsre?ls en -regulasies soos in die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vervat.
- Wees op hoogte van die assesseringsre?ls en -regulasies vir 'n spesifieke module soos in die moduleraamwerk vervat.
- Aanvaar verantwoordelikheid daarvoor om assesseringsgeleenthede ten beste te benut.
- Wees bekend met die US se Beleid oor Onderrig en Leer (2025) en die Dissiplinêre Kode vir Studente (2021) aan die Universiteit Stellenbosch.
- Wees daartoe verbind om assesseringsopdragte met opregte en toegewyde ywer uit te voer soos in die US se
Plagiaatbeleid: Ter Ondersteuning van Akademiese Integriteit (2016) uiteengesit.?







