???

Assesseringstoegewings
Assesseringstoegewings kan ekstra skryftyd, speltoegewings, afneming in 'n afsonderlike lokaal, handskriftoegewings, mondelinge assesserings, 'n rekenaarlokaal of ondersteunende tegnologie, 'n skribent, leesbystand of 'n amanuensis (lees vraag en skryf antwoord neer), 'n goed beligte lokaal, 'n braille-vertrek, gebruik van 'n rolstoel, vergrote teks, 'n voorleser of SA Gebaretaal-tolke insluit. Verwys na afdeling 6.8 vir die Akkommodering van spesiale behoeftes gedurende hoofassesserings op bladsy 48 in die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls).
- ?'n Student kan met 'n geldige bewys van 'n mediese toestand aansoek doen vir Assesseringstoegewings.
- Toegewingsverwante navrae — ook nuwe versoeke vir noodtoegewings — kan per epos na die Eenheid vir Gestremdhede gestuur word: concessions@sun.ac.za; Me Melanie Willems (mwillems@sun.ac.za) of dr Marcia Lyner-Cleophas (cleophas@sun.ac.za).
-
Studente kan hul briewe vir assesseringstoegewings via die SUNStudent-portaal aflaai. Die proses word in die studentehandleiding
(Access Exam Timetable and Concession Letter on Student Portal) verduidelik. ?
- Die US se Klientedienssentrum kan help met navrae oor A3-assesseringslokale vir studente met assesseringstoegewings: info@sun.ac.za of 021 808-9111. Let asseblief daarop dat die Kli?ntedienssentrum vanwe? die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais) gehuisves word. Vanwe? die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) mag inligting oor lokale vir assesseringstoegewings nie op hierdie assesseringswebblad gepubliseer word nie.
- Studente kan van Maandag, 21 Julie tot Vrydag, 1 Augustus 2025 aansoek doen vir assesseringstoegewings vir die tweede semester.
A2- en A3-assesserings (tuisblad)
A2- en A3-assesseringstydperke vir 2025
Kontakbesonderhede vir navrae
Elke student se verantwoordelikheid
Assesseringstoegewings
Re?lings vir midjaar-assesserings (2025)
Vind A2- en A3-punte en finale uitslae
Herberekening van punte | Herevaluering van antwoordstelle







